Karlien Husselman
Karlien Husselman het geen bekendstelling nodig nie. Die sangsensasie het Suid-Afrika ‘n paar jaar gelede onder hulle voete uitgeslaan met haar debuut album, Niemand nog soos jy, wat binne ‘n paar weke goue status bereik het. Karlien is veral bekend vir haar energieke manier van “perform” en die feit dat die meisie kan jodel is beslis ‘n bonus. Nou is Karlien Husselman terug met haar nuutste CD, Hier’s my hart. Karlien verras met 5 snitte uit haar eie pen en ander snitte uit die pen van Piet van Wyk de Vries en die Tempo Liedjieskryf wenner, Christoff Kotze. Karlien ken beslis haar gehoor en elke snit op hierdie album sal Karlien aanhangers opnuut weer Karlien Husselman aanhangers maak. Haar vermoeë om die voete te laat juk en die kniee op en af te wip is uniek en sy maak mens sommer lus om die naaste dansmaat te gryp en oor die dansbaan te stuur!
Die produksie is hanteer deur Ian Vos en bekende musikante soos Ricus Nel, Vinnie Henrico, Jasper van Rensburg en Deon van der Merwe het saam met Karlien op die album gewerk. Met, Hier’s my hart, bewys Karlien Husselman net weereens hoekom sy so gewild is en hoekom die aanhangers by feeste tou staan om haar CD deel te maak van hulle versameling. (Leo Musiek)
Speellys
- Hier’s my hart
- Niks kan ons meer stop nie
- Black and Blue
- Drome van jou
- When will I be loved
- Kom ons dans
- Somer-son partytjie
- The way I love you
- Sing van liefde
- Not alone
- Someone like me
- Opskop
- Boney M – Keurspel
-Rivers of Babylon
-Boat on the river
-Going back west - Finding a good man
- Olke bolke
- Remedy
- To love you more
- Carolientjie soek ‘n man (Remix 2010)
- Niemand nog soos jy (Remix 2010)
- Sing jou hart van liefde (Remix 2010)