‘HKGK’ – Snotkop

Foto: facebook.com

Foto: facebook.com

Francois Henning, of Snotkop soos hy bekend staan, se jongste album is pure partytjie.

HKGK volg lekker op sy vorige albums en aanhangers sal nie teleurgesteld wees nie. Dié CD is gewis van Snotkop se beste werk.

As jy nog jonk van gees is en van harde laatnagpartytjies hou, is hierdie album vir jou. Snotkop hou die vloei van die album besonders goed met die partytjietema en wyk nie daarvan af nie. Die liedjies wat mooi rym en maklik saamsing, handel oor meisies, vinnige motors, harde partytjies en lekker tye saam met vriende.

Boonop is dié CD ’n dansvloer-trefferalbum en ’n moet vir elke partytjie.

Liedjies wat uitstaan is “Cool soos Koos Kombuis”, “Rooi Ferrari”, “HKGK” en “Meisie Ferguson”. Meisie Ferguson is ook opgeneem saam die bekende multi-instrumentalis Ricus Nel. Al die liedjies is deur Francois self geskryf met die hulp van Adolf Vorster en Dirk van Niekerk. Hierdie manne sorg vir menige kunstenaars se treffers uit die Select-kamp.

Die album word deur Select-musiek versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wiebo ·

Ek het baie respek vir Snotkop. Ek ken heelwat mense wat al by funksies was waar Snotkop ook teenwoordig was, en almal het gese Snotkop is baie aangenaam en het ondanks sy groot sukses in sy beroep, nie “grootkop” geraak nie. Baie geluk met die nuwe album en mag jy groot suses behaal met die album.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.