Hoe om ʼn liedjie te skryf

skryf

Foto: Pixabay.com

Musiek was van die begin af nog altyd deel van ons gemeenskappe, maar mooi musiek kan slegs oorgedra word deur die regte woorde en melodie. Die proses van musiek en liedjies skryf het oor die jare baie verander. Ons het meer woorde, klanke en idees ontdek. Die kuns van liedjieskryf is steeds oorspronklikheid en herhaling. Sommige skrywers verkies ʼn rustige stemming en skryf dae of maande lank, ander skrywers skryf weer in raserige omgewings binne 5 minute ʼn treffer. Die meeste liedjieskrywers sal ook bieg die melodie en woorde ‘kom na hulle toe soos in ʼn droom’. Hier volg paar riglyne om ʼn liedjie te skryf:

  1. Luister na die meesters. Van die wêreld se beste liedjieskrywers begin eers met die musiek voordat die woorde volg, daar is geen regte volgorde nie. Ander skrywers skryf eers weer die lirieke of ʼn gedig wat hulle toonset.
  2. Kies ʼn tema en styl. Waaroor gaan jou liedjie? Gaan dit oor liefde of terleurstelling, of is dit ʼn rock liedjie, ʼn ‘anthem’, country, klassiek, jazz, blues of ʼn popliedjie? Watter boodskap wil jy oordra? Wil jy ʼn storie vertel, ʼn gebeurtenis uitbeeld of net ʼn ligte saamsing liedjie skryf?
  3. Luister na baie ander musiek en vergelyk dit wat jy ingedagte het met gewilde liedjies op die radio. Luister aandagtig of joune wel oorspronklik is en nie soos iemand anders se liedjie klink nie.
  4. Gebruik tegnologie. Jy kan kies uit duisende programme om jou demonstrasie-opname te maak. Laat jou naaste vriende en familie besluit of dit wel aan hulle byt. Jou eerlikste menings sal van hulle af kom. Hou altyd ingedagte jy wil tog jou liedjie op radiospeellyste laat verskyn en daarom is dit belangrik om jou liedjie radiovriendelik te hou.
  5. Laat jou woorde en musiek sing. Dit moet aanklank vind by die luisteraar. As ʼn voet begin beweeg of iemand saam die melodie begin neurie, het jy ʼn wenner.
  6. Sorg dat jy weet waartoe jy tegnies in staat is op musikale vlak. Indien jy nie musiekkennis het nie en slegs lirieke kan skryf, nader ʼn gesoute musikant om die liedjie vir jou te toonset, die verwerking te doen en dit professioneel in ʼn ordentlike studio te vervaardig indien jy dit op die radio gespeel wil hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.