‘Hoeka Toeka’ kry nuwe baadjie

Hoeka Toeka kry 'n nuwe baadjie.

Hoeka Toeka kry ‘n nuwe baadjie.

“Hoeka toeka, ja ja, en jou stem is in my ore…” – ʼn liedjie wat Carika Keuzenkamp in die jare sewentigs uitgereik het.  En nou, vir Huisgenoot se eeufeesfliek, Vir die voëls, kry dié treffer ʼn splinternuwe baadjie.

Charlize Berg en die vervaardigers Hugo Ludik en Vaughan Gardiner het kragte gesnoer om vir “Hoeka toeka” ʼn nuwe jas aan te trek.

Carike se oorspronklike weergawe word wel gehoor in dié fliek wat van 25 November in teaters begin draai, maar Charlize, Hugo en Vaughan se weergawe is as ʼn musiekvideo uitgereik en klink reeds oor die radio op.

“Dit was senutergend om Carike Keuzenkamp se skoene vol te staan,” sê Charlize. “Maar Hugo en Vaughan het die spreekwoordelike tweede myl saamgeloop en hul stempel op die liedjie afgedruk. Hulle het die klank vir my stem en styl verwerk, maar dit getrou aan dié van Carike gehou,” sê Charlize. “Die eindresultaat is iets besonders. Dis ongelooflik mooi en kreatief, met verskillende harmonieë en hoë note.”

Vaughan vertel dit was vir hom en Hugo ʼn intimiderende maar opwindende opdrag. “Dis ʼn legendariese liedjie; jy wil dit nie verwoes nie. Dit was ʼn uitdaging om dit te omskep in iets waarna mense steeds wil luister. Wanneer hulle dit hoor, moet hulle dink: ‘A, dis daai liedjie!’ Ons wou die struktuur behou, maar dit vars laat klink en dit ʼn byderwetse popmusiekgevoel gee.”

Vaughan glo hulle het die essensie behou, maar dit reggekry om dié gewilde liedjie te omskep in iets hedendaags en kreatiefs.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Arséne Lupin ·

Maroela – is julle seker die snit het in die 1990’s uitgekom? Ek kan dan die liedjie uit die 1970’s onthou.

Landi Slatter ·

Dagsê Arséne

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.