Hugo Lambrechts Concertofees word 24

Die groep soliste wat saam met die Hugo Lambrechts-simfonieorkies onder leiding van Liam Burden sal optree. (Foto: Verskaf)

Die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Kaapstad bied sy 24ste Concertofees in 2021 aan.

Tien jong musikante is ná landswye oudisies gekies om as soliste vir die gala-geleentheid op te tree. Die soliste sal saam met die bekende Hugo Lambrechts-simfonieorkes, onder leiding van Liam Burden, optree.

Twee jong fagotspelers, Keagan Coetzee en Liam Slabbert, sal by dié galakonsert optree, asook Caroline Cress wat ʼn kitaarstuk gaan voordra. Daar sal ook ʼn klavierstuk opgevoer word deur die 13-jarige pianis, Gongxuan Zhang. Dié musikante wat deel vorm van hierdie orkes is van oor die hele land, waaronder KwaZulu-Natal, Durbanville en Parow.

Die Concertofees het talentvolle, ontluikende dirigente die afgelope paar jaar die geleentheid gebied om ‘n simfonieorkes te dirigeer, te organiseer en te lei. Vanjaar se geleentheid bevat die ouvertures van Die lustigen Weiber von Windsor, wat ter opening deur Jacobus de Jager opgevoer sal word.

Vanjaar se program sluit ook komposisies van Vivaldi, Gluck, Cimarosa, Rachmaninov en Kabalevsky in.

Weens die Covid-19-pandemie sal vanjaar se konsertfees virtueel in die gemak van almal se tuistes plaasvind. Die konsert word regstreeks op 5 November aanlyn uitgesaai, en dit sal tot 7 November beskikbaar wees.

Kaartjies vir hierdie spogaand kan by Quicket.co.za  aangekoop word teen R155 per persoon. Hierdie kaartjie sal jou die geleentheid bied om die uitsending meer as een keer te kyk. Stuur ʼn e-pos aan die Hugo Lambrechts-musieksentrum na [email protected] of bel hulle by 021 939 9105, tussen 10:00 tot 17:00 van Maandae tot Vrydae, vir meer inligting oor die konsert.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.