Huisgenoot Tempo Toekennings 2011

Heinz Winckler en sy vrou Alette. Foto: Yolanda van der Stoep

Bobby van Jaarsveld en sy vrou Annatjie. Foto: Yolanda van der Stoep

Juanita du Plessis was een van die aand se groot wenners. Foto: Yolanda van der Stoep

Juanita du Plessis, Jay van Eden-faam, die Heuwels Fantasties en MoniQue was die groot wenners by vanjaar se Huisgenoot Tempo toekennings wat op Dinsdag 19 Julie Emperors palace uitgedeel is. Hulle het almal twee pryse elk ontvang. Juanita, Jan Blohm, Die Penkoppe Boereorkes en Carike Keuzenkamp het hulle kategorieë waarin hulle verlede jaar gewen het suksesvol verdedig. Juanita is weer as Gewildste Vroulike Kunstenaar aangewys – ‘n titel wat sy sedert die Tempo toekennings se begin in 2005 hou. Meer as 108 duisend stemme is vanjaar deur die publiek uitgebring, amper 50 duisend meer as verlede jaar. Bobby van Jaarsveld en sy suster Karlien het ook albei met ‘n prys weggestap. Bobby is as die Gewildste Manlike Kunstenaar aangewys terwyl Karlien as Gewildste Nuweling bekroon is.

Die Huisgenoot-Tempo-wenners vir 2011:
Gewildste Manlike Kunstenaar: Bobby van Jaarsveld
Gewildste Vroulike Kunstenaar: Juanita du Plessis
Gewildste Nuweling: Karlien van Jaarsveld
Gewildste Liedjie: Melanie, gesing deur Jay
Popalbum van die jaar: Solo, deur Jay
Rockalbum van die jaar: Die Runaway Sessies, deur Jan Blohm
Sokkie-/dansalbum van die jaar: Ek Val vir Jou, deur MoniQue
Kopskuifalbum van die Jaar: Wilder as die Wildtuin deur Die Heuwels Fantasties
Kontemporêre album van die jaar: Vat My Hoër, deur Andriëtte
Tradisionele Musiekalbum van die Jaar: Kan Nie Kla Nie deur Die Penkoppe Boereorkes
Gospelalbum van die Jaar: Ek Sal Nie Bang Wees Nie deur Joe Niemand
Humor-/Komediealbum van die Jaar: Nuwe CD deur DJ Ossewa
Kindermusiekalbum van die Jaar: Carike en Ghoempie in Kinderland 7 deur Carike Keuzenkamp
Topverkoper van die jaar – Engel van My Hart deur Juanita du Plessis
Musiekvideo van die Jaar saam met kykNET: Ek Val vir Jou deur MoniQue & Snotkop
Alternatiewe Musiekvideo van die Jaar saam met MK: Noorderlig deur Die Heuwels Fantasties
DVD van die Jaar: Romanz – Treffers Live deur Romanz

Die top-10 liedjies in die Huisgenoot-Liedjieksryfkompetisie is ook tydens die toekenningsaand uitgevoer. Meer as 1500 inkrywings is vanaar ontvang. Emil Struwig het met die louere weggestap vir sy liedjie 1001 Soene wat deur Heinz Winckler gesing word. Hy het 30 duisend rand hiervoor ontvang sowel as ‘n verdere 5 duisend rand nadat sy liedjie ook as gunsteling deur die publiek gekies is.

Die Huisgenoot-Liedjieskryfkompetisiewenners vir 2011:
Eerste plek – Emil Struwig: 1001 Soene (gesing deur Heinz Winckler)
Tweede plek – Michaela Oosthuizen: Keuses (gesing deur Juanita du Plessis)
Derde plek – Chris Evert Strauss: Spore in die Lug (gesing deur Gerhard Steyn)
Wenner van die leserskeuse-prys: Emil Struwig: 10001 Soene.
Wenner van die liriek-afdeling: Lia Smit: Vier Klippe (gesing deur Manie Jackson, getoonset deur Niel Schoombee)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.