Huisgenoot Tempo-toekennings 2013

Pretville het met die toekenning vir Afrikaanse Rolprent van die Jaar weggestap. Hier pronk die toekenning op die stel van die Pretville Foto: @machielroets, Twitter

Bobby van Jaarsveld se musiekvideo, ‘n Vrou wil dit hoor, volg onderaan die berig. Uitblinkers in Afrikaans is Sondag tydens die Huisgenoot-Tempo-toekenningsaand bekroon.

Die spoggeleentheid is by Gold Reef City in Gauteng aangebied. Volgens die tydskrif het altesaam 116 000 van sy lesers gestem in hul gunstelingkategorieë.

Talle toekennings in nuwe kategorieë is die jaar aangewys waarvan Beste Aanbieder van die Jaar die gewildste was. Pieter Koen met dié toekenning weggestap as aanbieder van die pro-gram Jukebox op kykNET.

Die skrywer Deon Meyer is bekroon met die Huisgenoot-Tempo vir Uitnemendheid in Afrikaans.

Joost van der Westhuizen is as Persoonlikheid van die Jaar aangewys.

Hier is al die wenners:
Alternatiewe Album van die Jaar
Die Heuwels Fantasties – Alles Wat Mal Is

Gospelalbum van die Jaar
Louis Brittz – Psalms 2

Instrumentale Album van die Jaar
Sterling EQ – Pulse

Kinderalbum van die Jaar
Carike Keuzenkamp – Carike en Ghoempie Kuier Saam met GhoeGhoe in Bybelland (Kinderland 9)

Kontemporêre Album van die Jaar
Bobby van Jaarsveld – Wat Geld Nie Kan Koop Nie

Pop/Sokkiedansalbum van die Jaar
Juanita du Plessis – Jy Voltooi My

Liedjie van die Jaar (kunstenaar)
Bobby van Jaarsveld – ’n Vrou Wil Dit Hoor

Liedjie van die Jaar (skrywer)
Johan Vorster – ’n Vrou Wil Dit Hoor

Musiekvideo van die Jaar
Bobby van Jaarsveld – ’n Vrou Wil Dit Hoor

Nuweling van die Jaar
Dewald Wasserfall – Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde

Aanbieder van die Jaar
Pieter Koen – Jukebox

Afrikaanse Leesboek van die Jaar
Marita van der Vyver – Die Blou van Onthou

Afrikaanse Rolprent van die Jaar
Pretville

Akteur van die Jaar: Afrikaanse Rolprent, TV-drama, Sitkom
Dawid Minnaar – Die Wonderwerker

Sepie-akteur van die Jaar
Christo Davids – 7de Laan

Radio-aanbieder van die Jaar
Martelize Brink – RSG

Sepie van die Jaar
7de Laan

TV-reeks van die Jaar: Aktualiteit, Speletjies, Werklikheid
Kokkedoor

Aktrise van die Jaar: Afrikaanse Rolprent, TV-drama, Sitkom
Elize Cawood – Die Wonderwerker

Sepie-aktrise van die Jaar
Sorina Erasmus (Die Flooze) – 7de Laan

TV-reeks van die Jaar (drama, sitkom)
Erfsondes

Huisgenoot-Tempo vir Uitnemendheid in Afrikaans
Deon Meyer

Persoonlikheid van die Jaar
Joost van der Westhuizen

Topverkoper van die Jaar: Man
Theuns Jordaan – Roeper

Topverkoper van die Jaar: Vrou
Juanita du Plessis – Jy Voltooi My

Topverkoper-DVD van die jaar
Juanita du Plessis en Theuns Jordaan – Hart Vol Drome

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.