Huisgenoot Tempo-toekennings: Hier is die benoemings

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Die benoemings vir die jaarlikse Huisgenoot Tempo-toekennings is bekend gemaak en Suid-Afrika se gróótste sterre pronk almal op dié lys.

Dié toekennings word vanjaar vir die 14de keer aangebied. Kunstenaars is onder meer in 19 afdelings benoem, waaronder liedjie van die jaar, album van die jaar, beste televisiereeks en beste televisie-aanbieder.

Yvonne Beyers, Huisgenoot-redakteur, sê vanjaar se toekennings het ’n gedaantewisseling ondergaan.

“Met ’n nuwe eeu wat voor Huisgenoot uitgestrek lê, is dit tyd vir vernuwing; daarom kry die Tempo-toekennings vanjaar ’n nuwe digitale baadjie,” sê Beyers. “Vanjaar word die Tempo-wenners nie aangekondig by ’n eenmalige geleentheid wat deur net ’n handjievol bekendes en rolspelers in die bedryf bygewoon word nie.

“Al ons lesers word genooi om die adrenalien te ervaar wanneer 2017 se Tempo-wenners in Oktober regstreeks aanlyn op huisgenoot.com bekend gemaak word. Dit gaan ’n opwindende video-ervaring wees en ons nooi al ons lesers om deel te wees van die glans wanneer die grootste sterre van die afgelope jaar aangewys word.”

Diegene wat stem, staan ook die kans om pryse te wen. Dié pryse sluit onder meer in ’n vakansie vir twee ter waarde van R60 000 op die Maledive en twee nagte ter waarde van R9 000 in die Sun City Cascades-hotel.

Om te stem vir vanjaar se benoemdes, besoek Huisgenoot se webwerf. Jy kan ook per SMS stem. SMS die kode van die benoemde gevolg deur ’n hutsmerk (#) voor 4 Oktober om 12:00 na 35407. Byvoorbeeld: A1#.

Hier is die lys benoemdes:

Musiekpryse
Nuweling van die jaar
A1 Arno Carstens – Die Aandblom 13
A2 Franja du Plessis – My verhaal
A3 Jo Black – Skepe
A4 Marno van der Merwe – Kalm jou army
A5 Refentse – My hart bly in ’n taal
A6 Twee – Piekniek vir twee

Gospelalbum van die jaar
B1 Adam Barnard & Henri Scott – Hallelujah SA
B2 Broers – Die Heiland is gebore
B3 Duis:Lig – Dans
B4 Joe Niemand – Vryheid
B5 Neville D – Prag van verskil Seisoen 2
B6 Piet Smit – Liefde is

Kontemporêre album van die jaar
C1 Adam Tas – Patatas en pyptabak
C2 Bok van Blerk – Van De la Rey tot nou
C3 Elvis Blue – Die brug
C4 Joshua na die Reën – Die wêreld binne my
C5 Riana Nel – Jy sal weet
C6 Ricus Nel – Ouskool-Boerseun

Pop-/sokkiealbum van die jaar
D1 4Werke – 4Warm
D2 Adam – Hoogtevrees
D3 Dewald Wasserfall – Jy is die storm
D4 Juan Boucher – Dis wie ek is
D5 Kurt Darren – Sal jy met my dans?
D6 Snotkop – HKGK

Liedjie van die jaar
E1 Adam – “Hoogtevrees”
E2 Franja du Plessis – “Stad van verlange”
E3 Jo Black – “Skepe”
E4 Joshua na die Reën – “Die wêreld binne my”
E5 Karen Zoid – “Waar was jy? ”
E6 Karlien van Jaarsveld – “Sing vir liefde”
E7 Kurt Darren – “Kaalvoet Sokkie”
E8 Refentse – “Baby, wat eet ons vanaand?”
E9 Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse – “Hardekole”
E10 Snotkop – “Cool soos Koos Kombuis”

Musiekvideo van die jaar
F1 4Werke – “Jy slaan die wind in my seile”
F2 Arno Carstens – “Ontwaak”
F3 Francois van Coke – “Dit raak beter”
F4 Jay en Lianie May – “Da’ vat hy”
F5 Joshua na die Reën – “Die wêreld binne my”
F6 Karen Zoid – “Waar was jy? ”
F7 Kurt Darren – “Kaalvoet Sokkie”
F8 Ricus Nel, Adam Tas, Bok van Blerk, Refentse – “Hardekole”
F9 Snotkop – “Cool soos Koos Kombuis”
F10 Twee – “Piekniek vir twee”

Flieks, TV, radio en boeke
TV-aanbieder van die jaar
G1 Elma Postma – Mooiloop!, Plaaskombuis
G2 Hannes van Wyk – Kwêla
G3 Karen Zoid – Republiek van Zoid Afrika
G4 Minki van der Westhuizen – Boer soek ’n vrou
G5 Pedro Kruger – Klavierkuiers met Pedro
G6 Schalk Bezuidenhout – Die kliek

TV-reeks van die jaar: aktualiteit, werklikheid, speletjies
H1 Bobby en Karlien: In jou skoene
H2 Boer soek ’n vrou
H3 Bravo!
H4 Kom ons braai
H5 Noot vir noot
H6 Republiek van Zoid Afrika

Fliek van die jaar
J1 Dis koue kos, skat
J2 Jagveld
J3 Jonathan
J4 Jou Romeo
J5 Noem my Skollie
J6 Vir die voëls

Akteur van die jaar: fliek
K1 Brendon Daniels – Tess
K2 Dann-Jaques Mouton – Noem my Skollie
K3 Francois Jacobs – Vir die voëls
K4 Grant Swanby – Modder en bloed
K5 Neels van Jaarsveld – Jagveld
K6 Stian Bam – Modder en bloed, Uitvlucht

Aktrise van die jaar: fliek
L1 Amalia Uys – Sy klink soos lente
L2 Christia Visser – Tess
L3 Leandie du Randt Bosch – Jagveld
L4 Lizz Meiring – Hoener met die rooi skoene
L5 Sandra Prinsloo – Twee grade van moord
L6 Simoné Nortmann – Vir die voëls

TV-reeks van die jaar: drama, sitkom
M1 Die Boland Moorde
M2 Die byl
M3 Fluiters
M4 Hotel
M5 Seepglad
M6 Swartwater

Akteur van die jaar: drama, sitkom
N1 Brendon Daniels – Die Boland Moorde
N2 Dirk Stoltz – Swartwater
N3 Jacques Bessenger – Fluiters
N4 Schalk Bezuidenhout – Hotel
N5 Stian Bam – Die Boland Moorde
N6 Waldemar Schultz – Die Byl

Aktrise van die jaar: drama, sitkom
P1 Antoinette Louw – Swartwater
P2 Lika Berning – Die byl
P3 Martelize Kolver – Hotel
P4 Nicole Holm – Die Boland Moorde
P5 Sandra Prinsloo – Fluiters
P6 Tinarie van Wyk Loots – Die Boland Moorde

Akteur van die jaar: sepie
Q1 Abduraghmaan Adams – Suidooster
Q2 Clint Brink – Binnelanders
Q3 Dann-Jaques Mouton – 7de Laan
Q4 Germandt Geldenhuys – Binnelanders
Q5 Theodore Jantjies – 7de Laan
Q6 Werner Coetser – Getroud met rugby

Aktrise van die jaar: sepie
R1 Carina Nel – 7de Laan
R2 Je-ani Swiegelaar – Binnelanders
R3 Jill Levenberg – Suidooster
R4 Kim Cloete – Binnelanders
R5 Marijke van der Westhuizen – Getroud met rugby
R6 Quinne Brown Huffman – 7de Laan

Sepie van die jaar
S1 7de Laan
S2 Binnelanders
S3 Getroud met rugby
S4 Suidooster

Radioaanbieder van die jaar
T1 Amore Bekker – RSG
T2 Heinrich du Plooy – Bok Radio
T3 Johrné van Huyssteen – Groot FM
T4 Martelize Brink – RSG
T5 Martin Bester – Jacaranda FM
T6 Rian van Heerden – Jacaranda FM

Leesboek van die jaar
U1 Deon Meyer – Koors
U2 Marita van der Vyver – Misverstand
U3 Irma Venter – Sirkus
U4 E. Kotze – Soetloop
U5 Karin Brynard – Tuisland
U6 Dibi Breytenbach – Vrediger

Stem vir jou vermaakster van die jaar
As een kunstenaar vir jou vanjaar bo die ander uitgetroon het, kan jy vir dié persoon in ʼn spesiale kategorie stem. SMS voor 4 Oktober om 12:00 die kode van jou gunstelingkunstenaar uit al vanjaar se benoemdes gevolg deur ’n hutsmerk na 38407. In dié afdeling kan jy net per SMS stem, maar jy kan soveel keer SMS as wat jy wil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.