Bloed is dalk dikker as water, maar in die musiekbedryf kan tydgenote, mede-musikante en selfs aanhangers ook soos nabye familielede voel. Dit is wat die pianis, liedjieskrywer en produksieleier Christa Steyn ervaar sedert daar gevorderde bors- en lewerkanker by haar gediagnoseer.
Van oraloor het mense, mede-kunstenaars en ander belangstellendes hulp aangebied om Steyn te help om haar mediese uitgawes te dek. Die jongste is ‘n spesiale fondsrekening waarin enigiemand geld kan deponeer om Steyn te help. Buiten die buitensporig hoë mediese uitgawes, kan Steyn dikwels nie werk nadat sy chemoterapie ontvang het nie. Die fonds poog nou om haar finansiële verpligtinge te verlig.Die jongste is ‘n nuwe CD, Ek wil vir jou: die musiek van Christa Steyn, waarop verskeie kunstenaars hulle gunsteling Christa Steyn liedjie sing.
Steyn het destyds die gevierde leermeesters Adolph Hallis en Pieter de Villiers gehad om haar die fyn kuns van klavierspel te leer. Sy het aan die voormalige PU vir CHO (vandag die Noordwes-universiteit) gestudeer waar sy ook die musiekregie van verskeie musiekspele behartig het. Sedert die jare sewentig skryf sy ‘n groot aantal Afrikaanse liedjies.
Vanweë haar voorliefde vir begeleiding, tree sy gou in die voorgrond as pianis vir vooraanstaande kunstenaars, maar werk sedert 1986 as mede-kunstenaar, liedjieskrywer, begeleier en verwerker saam met Jannie du Toit. Saam skep hulle produksies soos Blik en snaar, Skadu’s teen die muur en meer onlangs, Jannie en die tannie.
Steyn het ook deur die jare tien solo-albums uitgereik, waarvan veral Rondo en Burlesque besonder gewild en suksesvol was. As mentor werk sy nou saam met ‘n magdom kunstenaars wanneer dit by die skryf van liedjies kom. En haar Aan die einde van die reënboog en Ek wil vir jou was reuse-treffers.
Enigiemand wat ‘n bydrae tot Christa Steyn se mediese uitgawes wil maak, kan geld in die volgende rekening deponeer:
ABSA Spaar
Rekeningnommer 926 352 4840
Takkode 632005
Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:
Tel: 011 475 2187; Sel: 082 554 8453; E-pos: [email protected]
Ek wil graag die CD koop waarop Jannie du Toit, Chris Camelion n Coenie de Villiers PIE JESU sing. Ek verneem dis ‘n verwerking van Christa Steyn. Kan iemand help asb?