III- Ghapi

ghapi-IIIIn die 1990’s was Georgia seker een van die gewildste rock-groepe in Suid-Afrika; die groep het bestaan uit die drie Botha-broers, Philip, Andries en Conrad.

Conrad se musiekloopbaan is deur ‘n motorfietsongeluk kortgeknip; hy het dit oorlef, maar hy het dit oorleef. Andries het ‘n solo-loopbaan begin volg en het later die hoofsanger van Mean Mr. Mustard geword. Philip het intussen die verhoognaam Ghapi aangeneem, en groot sukses met Afrikaanse- en Engelse rock-musiek behaal.

Ghapi het egter nou besluit om ‘n nuwe musikale rigting ingeslaan, en ‘n Christelike album, getiteld III, vrygestel. Dit is die Roemise syfer vir die getal drie, en die titel verwys na die Drie-enige God, die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

Die eerste snit op die album gaan ‘n groot treffer word. Opvaar hemel toe is deur Jan de Wet5 en Danny Antill geskryf, en die ritme herinner ‘n bietjie aan Piet Smit en Danie Botha se treffer Die heel beste rede. Die klawerbord-wysie herinner weer ‘n bietjie aan Kim Wilde se groot treffer Kids in America van die vroeë 1980’s. Ghapi het Look up to the Son saam met Stass en Annie Cutrin geskryf, en die boodskap is dat jy niks het as jy Jesus nie in jou lewe het nie. Steyn Fourie was die laaste wenner van die televisieprogram Debuut, en hy en sy vrou, Lurina het die volgende snit, Dis net Hy, geskryf. Hier is nog ‘n snit met trefferpotensiaal, en hierin sê hy dat ‘n mens die Here in jou lewe nodig het.  Steyn en Lurina het die volgende snit ook geskryf. Kom na die kruis/The cross will stand geskryf; dis jammer dat Ghapi dit nie net in Afrikaans of Engels gesing het nie.Agnus Dei was ‘n groot treffer vir Michael W Smith, en die Afrikaanse weergawe is seker om trent vyftien jaar gelede die eerste keer deur Willie Joubert opgeneem. Dit sal egter van voor af ‘n treffer word, en gemeentes van enige denominasie sal dit maklik kan aanleer as hulle dit nog nie gedoen het nie. Hy’s by my is ‘n baie goeie oorspronklike snit wat Ghapi saam met Theo Janse van Rensburg geskryf het. Seun van Nasaret vertel Jesus se lewensverhaal; Jan de Wet het die Afrikaanse woorde daarvoor geskryf. Die volgende snit sal ‘n mens dadelik laat saamsing. Ghapi het die bekende lied Praat ek mense eng’letale opgeneem, en dankie tog hy sing die woorde wat in die Liedboek van die kerk voorkom! Die volgende snit laat jou dink; Ghapi het Talk about it saam met Annie Curtin geskryf, en hierin sê hy dat jy nie jou probleme vir jouself moet hou nie, maar eerder daaroor moet praat.

Die laaste drie snitte is almal bekend. Ghapi het Houtkruis by die Loof Hom Innibos-konsert in 2010 opgeneem; dis eintlik snaaks dat dit nou eers vrygestel is.  Hoe groot is U is tydens dieselfde konsert ‘n jaar later opgeneem. Die klankgehalte is baie goed, selfs al is albei hierdie snitte voor ‘n gehoor opgeneem.  Die laaste snit op die album is ‘n uitstekende opname van Koos du Plessis se baie bekende Gebed. Hierdie lied is al deur baie kunstenaars opgeneem, maar Ghapi se opname is dalk een van die heel bestes.

Baie mense sal dalk skepties wees oor ‘n rock-kunstenaar se besluit om ‘n Christelike CD op te neem.  Dit is dalk iets waaroor ‘n mens lank sal kan redeneer, maar die feit is dat Ghapi met ‘n skitterende album vorendag gekom het wat werklik tot eer van die Here is. As jy Hom wil verheerlik, moet jou musiek van hoogstaande gehalte wees, en dit het Ghapi met hierdie album terdeë besef.  Hopelik sal dit nie lank duur voordat hy hierdie album met nog en sal opvolg nie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Geen kommentaar

Yv onne ·

Wonderlik.
Alle voorspoed en beste wense vir Ghapi met sy nuwe musikale rigting …
dis die rigting waar na die hele wereld moet beweeg…!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.