In my drome

Chereé

Na 3 jaar se wag, ‘n SAMA nominasie en verskeie ander toekennings vir haar treffer album, Country Girl, is die 30 jarige Kaapse Country diva terug met mening! Chereé, tesame met haar platemaatskappy, Leo Musiek, bring ‘n nuwe album wat die klanke van Moderne- en Klassieke-Country tesame met hedendaagse Pop/Rock klanke vermeng. In my drome kan met reg beskryf word as haar beste werk tot dusver. Chereé laat reg geskied aan nie minder as 10 splinternuwe Afrikaanse sowel as Engelse liedjies. Die produksie van 8 van die liedjies op hierdie abum is behartig deur twee maal Grammy Award wenner, John Lindemann, klankingeneur vir die legendariese Ladysmith Black Mambazo. Hy is bygestaan deur Country legendes Billy Forrest en Bobby Angel wat sonder twyfel die beste uit Chereé se ongelooflike stem gekry het en nuwe lewe geblaas het in treffers soos; “You Needed Me” en die aangegrypende ”Peace Train”. Die ander 8 liedjies is onder produksie van die jong Murry Lubbe opgeneem. Met sy liefde vir Moderne Country musiek slaag hy daarin om die ‘Carrie Underwood’ uit Chereé te kry.

In my drome is ‘n vertoonvenster vir die top liedjieskrywers in SA asook nuwe talent: Tony Ridgway is wel bekend as liedjieskrywer vir top Suid Afrikaanse kunstenaars en is ook lid van die welbekende Kaapse Country band Rocking Horse. Op hierdie album is hy verantwoordelik vir die treffer “Tie Tok”. Pierre Rossouw is ietwat onbekend as liedjieskrywer, maar met 4 liedjies op Chereé se album, insluitend die titlesnit “In My Drome”, bewys hy dat hy geensins hoef terug te staan vir ander liedjieskrywers in SA nie. Lize Beekman, bekende kunstenaar en liedjieskrywer, is verantwoordelik vir ‘n Engelse skepping wat verseker oor radiostasies landwyd gehoor gaan word. Finalis in 2009 Huisgenoot Tempo Liedjieskryf Kompetisie, Semandie Gerber, spog met haar skepping “Hier Is My Hart”, ‘n liedjie wat jou tot diep in jou siel sal raak. William Blackrose is verantwoordlik vir die treffer lied , “Droomvrou”, wat Chereé saam met Wynand Strydom sing.

Chereé verras met 3 krag duette op hierdie cd. “Droomvrou”, opgeneem saam met haar verloofde Wynand Strydom en gaan verseker ‘n groot treffer wees aangesien dit geloofwaardig is omdat Chereé en Wynand ook hulle lewe saam as paartjie deel. Die populêre alternatiewe kunstenaar, Snotkop, span kragte saam met Chereé om ‘n nuwe vars weergawe van Dolly Parton se “9 to 5” te bring. Chereé en Sarah Theron se weergawe van Anne Murray se klassieke lied , “You Needed Me”, is asemrowend! Chereé is ‘n welbekende kunstenaar, wat die hele land vol reis, en sodoende haar talent as sanger met die hele Suid Afrika en sy mense deel. Die musiek video van haar titelsnit, In My Drome, is alreeds op nasionale TV te sien. (Leo Musiek)

Speellys

  1. In my drome
  2. Tiek Tok
  3. Kan nie weer val
  4. Hier is my hart
  5. Rondomtalie
  6. Maybe I
  7. Klop van my hart
  8. Lovestory
  9. Droomvrou
  10. 9 to 5
  11. Ek en jy hoort saam
  12. Peace Train
  13. Mis jy my
  14. You needed me
  15. My baby loves me
  16. 30 Dae in die Somer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jennifer marais ·

Ek is op soek na iemand wat n liedjie kan skryf vir n 18 jaarige meisie wat graag n loopbaan in die musiek bedryf wil begin. Sy het al n paar plekke opgetree naamlik die Bloemfontein-skou, Klaarhoutfees ens. Indien iemand weet van n skrywer wat sal belangstel kan u my kontak Jennifer by 0837412316. dankie

21/06/2012

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.