Innibos, die laeveld nasionale kunstefees wat jaarliks in Nelspruit gehou word, hou vanjaar ʼn Innibos Rockrumoer-kompetisie waarin aanhangers vir 21 musiekgroepe kan stem om by dié fees op te tree.
Meer as 100 000 feesgangers besoek jaarliks die Innibos-fees, wat vanjaar die kykNET Fiësta toekenning vir die gewildste Suid-Afrikaanse fees gewen het. Die fees het in 2012 ook dié toekenning ontvang.
Innibos bied vanjaar ʼn verskeidenheid nuwe produksies aan en vanjaar wil die organiseerders die kollig vestig op rock-musiek met die Innibos Rockrumoer-kompetisie. Dié kompetisie gee vanjaar ʼn opkomende rockgroep die geleentheid om hul staal voor ʼn gehoor te wys.
Groepe soos Wit Kasteel, The Unknown, Tuin, Indigo Reign en Vintage Kings tel onder van die groepe waarvoor aanhangers kan stem.
Vanjaar se Innibos-fees vind plaas van 29 Junie tot 3 Julie. Kunstenaars soos Karen Zoid, Riana Nel, Adam Tas, Emo Adams, Gerhard Steyn, Jak de Priester, Juanita du Plessis, Willem Botha, Eden, Die Heuwels Fantasties en Francois van Coke gaan optree.
Die fees bied op 3 Julie (Sondag) ʼn gratis gospelkonsert met kunstenaars soos Juanita du Plessis en Rouchelle Liedemann aan. Weekskaartjies is beskikbaar teen R450.
Stem hier vir jou gunstelinggroep of besoek Innibos se webwerf. Kyk ook na die volledige program.
Ek vra maar net uit nuuskierigheid?? waar is al die ander kunstenaars? of is dit net van hul wat genoem word””Sien uit na Innibos”’maar soek meer vermaak”’
En Steve? Of is hy gepos?