Inskrywings vir Ghoema’s 2019 sluit eersdaags

Jo Black het vroeër vanjaar skoonskip gemaak by die Ghoema-toekennings en is met sewe beeldjies huis toe.

Jo Black het vroeër vanjaar skoonskip gemaak by die Ghoema-toekennings en is met sewe beeldjies huis toe.

Die inskrywings vir die kykNET-Ghoema-musiektoekennings vir 2019 sluit eersdaags en alle Afrikaanse kunstenaars wat in die kalenderjaar van 2018 ʼn album of ʼn liedjie vrygestel het, word aangemoedig om in te skryf vir dié gesogte toekenningsgeleentheid wat vanjaar sy agtste bestaansjaar vier.

Vorige wenners soos Elvis Blue, Refentse en Jo Black het dit eens dat dít ʼn geleentheid is wat geen kunstenaar moet misloop nie.

Hieronder die inligting wat jy benodig:

  • Die inskrywingstydperk is van 1 tot 30 November 2018 en die organiseerders gaan streng by hierdie tydperk hou.
  • Alles wat jy moet weet oor hoe om in te skryf sal op die Ghoema-webwerf (ghoema.co.za) beskikbaar wees.

Die geleentheid sal volgende jaar by die Sun Arena at Times Square in Menlyn, Pretoria, aangebied word. Inligting vir kaartjieverkope sal binnekort beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.