Irene-Louise klou aan haar posisie in Top-20

Tasché. (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Zaan Sonnekus het die afgelope week ’n nuwe enkelsnit getiteld “Hoog” bekendgestel. As jy hou van alternatiewe musiek soos dié van Jan Blohm en Spoegwolf, kan jy beslis Zaan se musiek by jou speellys voeg.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekend gestel is, is Lucinda Neethling met “Sinne” en Brendan Peyper se “Warm nog op”.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Irene-Louise van Wyk. (Foto: Jorietha Rabie Photography)

Irene-Louise van Wyk bly voorlopig in die no. 1-posisie met “Tekkies brand” ná ʼn baie goeie week op stromingsplatforms.

Tasché se “Baby, ek bly” en Brendan Peyper se jongste enkelsnit, “Warm nog op”, maak hierdie week hul toetrede tot die Top-20.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, drie wat daal, nege wat die week onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die Top-20 betree.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  3. Appel – “Dina”
  4. Bernice West – “Hemel op aarde”
  5. Rooksein – “Damlelielief”
  6. Appel – “Boerenooi”
  7. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  8. Appel – “Hardwerkende man”
  9. Riaan Benadé – “Spontaan”
  10. Bernice West – “Sonop-blom”
  11. Elandré – “Dag en nag”
  12. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
  13. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  14. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”
  15. Bernice West – “Kom binne”
  16. Appel – “Hier sal jy boer”
  17. Kurt Darren – “Blok party”
  18. Tasché – “Baby, ek bly”
  19. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”
  20. Brendan Peyper – “Warm nog op”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.