Irene-Louise op Appel se hakke op Top-20

Alouise, Adéle en Lila van Saarkie. (Foto: Facebook/Saarkie)

Casper Stone en Ruan Xen sing nou al reeds vir meer as ’n dekade saam. Hulle het onlangs die liedjie, “Mis jou nie”, ʼn bietjie afgestof en nuwe lewe gegee aan die ou, rowwe weergawe wat hulle dikwels op troues saam gesing het.

Die liedjie is uit Ruan se pen en handel oor die verligting wat die beëindiging van ʼn verhouding soms kan bring.

“Ons is geneig om oor die algemeen te fokus op die pyn wat ons ervaar nadat ’n verhouding tot ʼn einde kom, maar wat soms meer uitstaan is die verligting en die bittersoet oomblik wanneer mense besef dat die ervaring nie doelloos en leeg was nie, maar wel ’n deel uitmaak van albei partye se lewenspad.”

Die gewilde rockgroep, Saarkie, het ook onlangs ’n nuwe enkelsnit, “Waar lê jou hart”, uitgereik. Hulle het ook ’n nuwe lid, Alouise, oftewel Ella. Sy neem haar plek in as baskitaarspeler en sanger van die groep.

“Waar lê jou hart” is die derde uitreiking van hulle nuwe album en is deur Adèle geskryf. Volgens haar gaan hierdie liedjie oor waar ’n mens se hart lê in hierdie onsekere tye wat jou dwing om ’n bestekopname van jou lewe te doen.

Ander nuwe liedjies wat die week bekendgestel is, is Bernice West se “Hemel op aarde”, Robbie Wessels se “Danklied” en RNK se “Karoo”.

 

Die Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Bernice West. (Foto: Jannes Erasmus)

Bernice West se jongste enkelsnit, “Hemel op aarde”, betree vandeesweek die top-20 in die 11de plek.

Elvis Blue se nuwe liedjie, “Meer as genoeg”, het ook sy weg tot die top-20 gemaak in die 20ste plek.

Irene-Louise van Wyk kruip al hoe nader aan die no. 1-posisie. “Tekkies brand” is hierdie week in die tweede plek.

Appel se “Dina” bly steeds in die eerste plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, nege wat daal, drie wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat die treffersparade betree.

  1. Appel – “Dina”
  2. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  3. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  4. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  5. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  6. Rooksein – “Damlelielief”
  7. Appel – “Boerenooi”
  8. Riaan Benadé – “Spontaan”
  9. Bernice West – “Sonop-blom”
  10. Elandré – “Dag en nag”
  11. Bernice West – “Hemel op aarde”
  12. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  13. Appel – “Hier sal jy boer”
  14. Bernice West – “Kom binne”
  15. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  16. Appel – “Hardwerkende man”
  17. Brendan Peyper – “Op jou spoor”
  18. Fatman – “Vuil Coke”
  19. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  20. Elvis Blue – “Meer as genoeg”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.