As jy spog met ʼn “breë bors” en ʼn blonde haredos à la Bobby van Jaarsveld en boonop op ʼn haar na die sanger lyk, staan jy ʼn kans om ʼn dubbelganger in Van Jaarsveld se jongste musiekvideo te wees.
Van Jaarsveld se bemarkingspan is op soek na vier mans met soortgelyke gelaatstrekke om karakters in die musiekvideo vir die sanger se nuwe liedjie, “Net ʼn man”, te vertolk.
Johan C. Venter van Coleske Artists het aan Maroela Media vertel die sanger vertolk in dié video ʼn man wat “bloot net saam met ʼn meisie wil wees”.
“In die video vertel hy haar dat hy onder meer nié ʼn weermagman of ʼn digter is nie – hy is net iemand wat saam met haar wil wees,” sê Venter.
Die vier karakters wat die dubbelgangers moet vertolk is onder meer ʼn digter, ʼn statige prins soos die hertog van Cambridge, ʼn weermagman wat ʼn báie stywe pak moet dra en ʼn swerwer.
Die sanger gaan saam met die karakters te sien wees in sommige van die tonele.
Die video word op 15 September in Pretoria verfilm. Verfilming begin die namiddag en sal volgens beplanning om middernag klaarmaak, maar kan moontlik tot Saterdag 04:00 duur. As jy na Bobby lyk, kan jy voor Donderdagaand (14 September) ʼn e-pos met ʼn foto van jouself asook jou lengte en broekmates na [email protected] stuur. Jy kan ook na Afrikaans is groot se Facebook-blad gaan en ʼn vriend of familielid “tag” wat die profiel pas.
Wil net sè… ek lyk nie soos hy nie…
Ai tog, een van die dae gaan sy suster ook seker soek na ‘n dubbelganger.
Ai, tog! As mens darem so baie van jouself dink. En dan sing hy ook maar net ….. gemiddeld!
Ag nee asseblief tog. Hy kan sommer al 4 speel
Ag asseblief. . kan die van Jaarsvelds nie bietjie opsy gesit word nie . . dis nou regtig 2 mense wat in ons kele afgedruk word – ons stel belang in hulle nie!!
Ek kan ‘n klip speel as julle een soek. Ek kan baie stil lê vir baie lank…
Hy kan net droom om soos ek te lyk
Not a fan vd clan nie
rerig mense as julle nie iets goed het om te se nie bly maar eerder stil, dis sy beroep waarvan hý lewe hy kort die mense vir n musiek video wat boonop ‘n beroep en geleentheid skep vir ander.
Dit het absoluut niks uit te waai oor hoe aantreklik hy is of wat sy van is nie! #justsaying
Ai darem gelukkig nie ek nie. Spaar my dit!!