Isuzu steun wetenskaponderwys met navorsing

isuzu-pfarelo-mphaphuli

Wesley van Zyl van Fury Isuzu Woodmead oorhandig die sleutels van ‘n bakkie aan Pfarelo Mphaphuli, ‘n wetenskaponderwyser, oor. Foto: Isuzu.

ʼn Wetenskaponderwyser van St. Stithians College in Sandton het ʼn ambisieuse reis aangepak waartydens hy 12 skole in agt lande sal besoek om hulle onderwyspraktyke te ondersoek – en dit word in ʼn Isuzu-bakkie aangepak.

Pfarelo Mphaphuli het op 20 Maart met die reis van 12 000 km begin wat ongeveer 46 dae sal duur.

Fury Isuzu Woodmead, in vennootskap met Isuzu Motors Suid-Afrika, het ʼn Isuzu D-MAX-dubbelkajuit 4×4-bakkie verskaf om te verseker Mphaphuli sal skole in lande soos Botswana, Zimbabwe, Zambië, Tanzanië, Rwanda, Uganda, Malawi en Kenia kan besoek.

“Hierdie opvoedkundige projek strook met Isuzu se filosofie om oplossings te vind en volhoubare resultate te lewer. Ons is opgewonde om deel te wees van hierdie inisiatief wat poog om die beste onderwyspraktyke in Afrika en Suid-Afrika met mekaar te verbind. Isuzu vertrou die D-MAX sal seker maak dat Mphaphuli sy doelwitte kan bereik,” het Pouche More, handelaarshoof van Fury Isuzu Woodmead, gesê.

Mphaphuli sal twee tot drie dae by verskeie skole in Afrika deurbring waar hy hom sal toespits op die onderwyspraktyke in natuur- en skeikunde en wiskunde by die verskillende private skole op die vasteland.

Sy reis word ook deur die Onafhanklike Skolevereniging van Suider-Afrika (Isasa), die grootste lidmaatskaporganisasie vir private skole in die streek, geborg.

Mphaphuli, wat self fisiese wetenskappe vir hoërskoolleerders aanbied, stel ook daarin belang om die koshuisstelsels en leierskapprogramme wat deur hierdie internasionale skole in Afrika aangebied word, te bestudeer.

Hy het as deel van sy navorsing vir Isasa voorheen al tyd by skole in Ghana, Indië en Dubai deurgebring.

“Ek het ʼn brief aan Isasa geskryf waarin ek gevra het ek wil die beste onderwyspraktyke by ander Afrika-skole opspoor en bestudeer. Ek was suksesvol en my versoek om die navorsing te doen is toegestaan in my sabbatsverlof en is ook geborg.”

Mphaphuli het ter voorbereiding vir die Afrika-skolenavorsingsprojek aan die Isuzu 4×4-veldrenakademie saam met Fury Isuzu Woodmead deelgeneem.

“Ek het soveel van my voertuig geleer. Dit was regtig nuttig en die moeite werd. More en die personeel by Isuzu het my deurentyd ondersteun met die projek en daarvoor is ek baie dankbaar,” het Mphaphuli bygevoeg.

zak-steyn-en-isuzu-01

Zak Steyn en sy Isuzu-bakkie. Foto: @ZakSteyn/Instragram.

Isuzu-bakkies het hulle eie Afrikaanse musiekvideo

In nog nuus oor Isuzu het die sanger Zak Steyn, wat self ʼn groot aanhanger van dié motorhandelsmerk is, onlangs ʼn musiekvideo opgeneem waarin hy die lof van dié bakkies besing.

In die musiekvideo word dié staatmaker bakkies deur hulle passies gesit op die ritme van die Bloemfonteinse sanger se liedjie “Isuzu Song”.

Steyn is reeds die afgelope 20 jaar deel van die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en was lid van verskillende musiekgroepe. Die laaste 11 jaar bou hy aan sy solo-loopbaan.

Hy stap reeds jare lank ʼn paadjie met die Isuzu-motorhandelsmerk en spog altyd dat hy reeds met sy droommotor ry. “Ek het altyd wanneer ek ʼn Isuzu-dubbelkajuitbakkie sien, gesê dit is nou ʼn lekker gesinsbakkie. Twee maande voor ons seun gebore is, seën die Here my met ʼn borgskap van Isuzu en ʼn Isuzu-bakkie!”

En die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

Kyk hier na die musiekvideo van Zak Steyn se “Isuzu Song”:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.