Jack Parow by die Cross Country Motorwedren-kampioenskap

jack parow motorwedrenJack Parow sal aan die voorlaaste rondte van die Suid-Afrikaanse Donaldson Cross Country Motorwedren-kampioenskap deelneem as die vorige Suid-Afrikaanse kampioen, Archie Rutherford, se mede-bestuurder by die Black Mountain Hotel in Thaba ‘Nchu op 11 en 12 Oktober. Hulle sal die Imperial Automotive Nissan Navara deel, wat onder die Regent Racing vaandel aan die wedloop deelneem.

Archie sal sekerlik aan ‘n nuwe reeks vloekwoorde bekendgestel word terwyl hy en Parow die asemrowende roete aan die rand van die Lesotho se berge aandurf. Die kwalifiserende rondte sal om 12:00 op 11 Oktober begin en die wedloop sal om 08:30 op 12 Oktober begin. Hierdie uitdaging word aangebied deur Imperial Auto.

Sien Parow volgende by:
16 November: Cape Town Ostrich Ranch
29 November: Synergy Festival
1 Desember: Kirstenbosch Botaniese Tuine, Kaapstad – met Francois van Coke, Pierre Greeff en ander. (http://www.webtickets.co.za/event.aspx?itemid=406248018)
3 Desember: Durban Rage
5 Desember: Plett Rage, Plettenberg
5 Desember: Jolly Dolphin, Jeffreys Bay
16 Desember: Kempton Festival
20 Desember: Flamingos, Langebaan
26 Desember: VIP, Plett
28 Desember: Ox Braai, Bathurst
31 Desember: Jolly Dolphin, Jbay

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.