Jack Parow se Eksie Ou

Jack Parow

Jack Parow

Jack Parow se Eksie Ou Special Edition EP is nou beskikbaar op iTunes in Suid-Afrika! Die kortspeler sluit die gunstelinge Merry Xmas, The Future en P.A.R.T.Y. in. Die kortspeler kan nou vooraf bestel word en kan vanaf 29 Oktober vanaf iTunes afgelaai word.

Klik hier om Eksie Ou Special Edition EP te bestel.

Die Eksie Ou Special Edition-CD, wat ses nuwe liedjies, ‘n strokiesprent en ‘n drinkspeletjie insluit, is einde verlede jaar vrygestel. Daar is op die oomblik min eksemplare van hierdie album te koop.

Jack Parow se regstreekse DVD is in Julie hierdie jaar vrygestel en het wonderlike resensies ontvang.

Die Eksie Ou Special Edition-album en Welcome to Parowdise DVD is landswyd te koop by Look & Listen, Musica, CNA, Top CD, Super CD en Music Moods. www.kalahari.com en www.takealot.com lewer ook landswyd af: http://www.kalahari.com/s?N=4294966903&Ntk=def&pageSize=12&Ntt=jack+parow of http://www.takealot.com/all/?qsearch=jack+parow.

Sensitiewe luisteraars kan uitsien na ‘skoon’ albums van Jack Parow se grootste treffers wat vanaf 19 November beskikbaar sal wees op iTunes. Hou hierdie spasie dop.

Jack Parow sal in die begin van Maart 2014 ‘n dubbel-album (akoesties en elektries) vrystel, getiteld Nag van die Lang Pette. Die eerste enkelsnit sal beskikbaar wees vanaf Februarie 2014.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.