Jak de Priester maak hart oop vir diere in die Kaap

Jak de Priester. (Foto: Verskaf)

Jak de Priester. (Foto: Verskaf)

Die sanger en liedjieskrywer, Jak de Priester, skop vanjaar die feesseisoen by Die Boer-restaurantteater in Durbanville af met die konsertreeks ‘Geel jou hart vir liefde’.

Dié inisiatief is verlede jaar in Pretoria by die Blou Hond-restaurantteater van stapel gestuur en vanjaar brei dit uit na Durbanville in die Kaap om die nood van diere te verlig.

“In Desember verlede jaar het elke lid van gehoor vrywillig dierekos gebring en onder die goudgeel Kersbome geplaas,” vertel De Priester luidens ʼn mediaverklaring. “Aan die einde van die week se ses konserte was dit moontlik om vragte hondepille, katkos en so meer by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te gaan aflaai.

“Die meeste dierebeskermingsorganisasies kry nie meer finansiering van die staat af nie en dié inisiatief bring verligting aan die organisasies – veral in ʼn maand soos Desember.”

Vanjaar sal al die dierekos asook ʼn gedeelte van die kaartjieopbrengs aan die Lucky Lucy‑stigting (LLF) in Durbanville geskenk word. LLF is ʼn veilige hawe vir katte en honde. LLF se passie is vir diere sonder hoop en hulle tree in waar die meeste skuilings nie meer kan help nie.

LLF fokus op ouer diere en diere met spesiale behoeftes, maar ʼn kwaliteitlewe bly die eerste prioriteit. Die organisasie word bestuur deur ʼn handjievol passievolle vrywilligers. LLF doen ook opvoeding in verskeie areas om te help om verantwoordelikheid te kweek. LLF is heeltemal afhanklik van ondersteuning en skenkings van die publiek.

Die ‘Geel jou hart vir liefde’-vertoning word op 28, 29 en 30 November en 1 Desember by Die Boer, in samewerking met TygerBurger, aangebied. Kaartjies kos R150 elk en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Vir meer inligting of om betrokke te raak by LLF, stuur ʼn e-pos aan [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

christa ·

nog altryd gedink jy is ‘n ster. Dankie vir jou bydrae tot die diere nood. iemand wat diere liefhet, ( nie van diere hou nie, maar liefhet) het ‘n hart van goud.

Diereliefhebber ·

Baie dankie aan Jak vir sy liefdevolle passie vir diere. Jy is ‘n voorbeeld vir almal. Mag jy geseen word.

Boxer ·

Baie dankie Jak vir pragtige gebaar. Die Here sal jou seen vir dit wat jy doen.

Diereliefhebber ·

Baie baie dankie Jak vir wat jy vir die diere doen! Dis wonderlik!! Ek sal 1000 keer meer vir diere doen as vir mense. Weereens baie dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.