Jakkals en Wolfstories

Dana Niehaus

Vir die eerste keer in meer as twintig jaar word die legendariese kinderstories van Jakkals en Wolf, soos vertel deur die afgestorwe akteur, Dana Niehaus, weer herleef. Nog voor die vrystelling van die stories op CD, was daar al reeds wye belangstelling deur veral ouer mense wat kleintyd na die meelewende vertelstem van Oom Dana, soos hy alom bekend was, geluister het. Benewens die heimwee om self weer te luister na die stories waarmee hulle groot geword het, wil die meeste ouers nou ook hul kinders bekendstel aan die wel en wee van die twee bekende karakters.

Die stories is indertyd geskryf deur Dana se vrou Ans wat haar lewe aan kleuteronderwys gewy het. Met die uitfasering van plaatopnames het die bekroonde stories, soos die meeste musiekmaatskappye van daardie tyd, verdwyn en het Dana se seun, die Afrikaanse sanger Danie, die stories weer afgestof en op laserskyf laat opneem.

Oud en jonk kan dus nou nader skuif om na die gewilde argiefmateriaal van oom Dana te luister en hulle te verlustig in die mannewales van Jakkals en Wolf, soos net die baasverteller dit kan oordra. (Leo Musiek)

Speellys

  1. Jakkals en wolf steel skaap
  2. Jakkals en wolf vang vis
  3. Jakkals kry slae
  4. Wolf erf geld
  5. Jakkals verkul die kraai
  6. Jakkals en wolf steel heuning
  7. Jakkals wil mos jok
  8. Wolf in die water 5:20
  9. Jakkals en die muggie
  10. Jakkals prys sy eie stert
  11. Wolf in skaapsklere
  12. Jakkals bly ‘n skelm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.