Jakkie Louw sing vir die Springbokke

Jakkie-Louw-Van-Toeka-tot-Nou

Jakkie Louw sing vir die land se Springbokke. Foto: Verskaf.

Noudat die internasionale rugbyseisoen goed op dreef is, en met die oog op die Wêreldbeker wat om die draai is, het nóg ‘n Afrikaanse sanger ‘n rugbyliedjie vrygestel.

Jakkie Louw se nuwe enkelsnit “Van toeka tot nou” is pas uitgereik, en hierin sing hy van Springbok-rugby in ‘n tyd voordat geld en politiek ‘n rol begin speel het en toe manne soos Danie Gerber, Mannetjies Roux en Frik du Preez volkshelde was.

Jakkie se liefde vir rugby het hom gemotiveer om baie navorsing oor hierdie tyd te doen, en “Van toeka tot nou” te skryf. Die musiekvideo is vervaardig uit die SAUK se biblioteekargiewe. Hierdie legendariese beeldmateriaal tesame met kommentaar van destyds sal ‘n mens hoendervleis gee en jou Springbok-hart laat brand.

Volgens hom mag die drieë en skoppe van destyds nie verlore gaan nie en daarom sal die musiekvideo maak dat hierdie oomblikke vir altyd sal voortleef.

Die Wêreldbekertoernooi vind vanjaar tussen 18 September en 31 Oktober plaas.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.