Jan Blohm: ‘Dinge voel reg as ek naby die groot water is’

Jan Blohm. (Foto: Facebook via Jan Blohm)

Jan Blohm. (Foto: Facebook via Jan Blohm)

Jan Blohm, die sielvolle sanger en liedjieskrywer wat verlede jaar weer die Afrikaanse musiekbedryf stormgeloop het met sy album, Die Liefde Album, is nou nié net ʼn Ghoema-benoemde kunstenaar nie, maar het hy ook sy eie kunsgalery in die Strand geopen, waar hy deesdae inwoner en skilder is.

Die Liefde Album is benoem vir beste alternatiewe album. Blohm is ook saam met Elvis Blue, Joe Foster, Johan Oberholzer en Pietman Geldenhuys benoem as beste solo-liedjieskrywer.

“Ek is baie lief vir die see en dinge voel reg as ek naby die groot water is,” vertel Blohm, wat onlangs vanaf Gauteng na die Kaap verhuis het, in ʼn onderhoud met Maroela Media.

“Ek het baie kunstenaarsvriende wat by die see woon en dit voel vir my asof ek nog altyd hierheen moes kom.”

Hy vertel dat die gehore in Gauteng en die Kaap nie soveel van mekaar verskil soos hy sou dink nie. “Elke gehoor en elke aand se optrede is anders. Helfte van die kuns van ʼn vertoning is mos maar om aan te voel waarmee werk ʼn ou, en elke aand is ʼn nuwe gesprek wat jy begin,” sê Blohm.

Een van Jan se kunswerke. Dié een is getiteld 'Amber'. (Foto: Facebook via Jan Blohm)

Een van Jan se kunswerke. Dié een is getiteld ‘Amber’. (Foto: Facebook via Jan Blohm)

Volgens Blohm is die Jan Blohm Studio Fine Art Galery in die Strand nie ʼn groot spasie nie, maar steeds ʼn droom wat vir hom as kunstenaar bewaarheid is.

“Dit is darem ʼn ordentlike spasie wat so 25 werke kan uitstal,” lag hy, “en kon ek die afgelope tyd mense soos Dirk en Karien de Villiers en Lionel Smit se werke saam met my eie in die galery uitstal. My droom is om eendag ʼn keurspel van werke te kan uitstal, maar vir nou kan mense wat altyd gevra het my oorspronklike werke daar sien.”

Daar is ook digbundels en van Blohm se albums by die galery te sien. “Mense kan kom deurstap en ʼn lekker koffietjie drink,” sê hy. “Dit is vir my ʼn massiewe voorreg om in my eie spasie kreatief te kan wees.”

Een van Jan se kunswerke. Dié een is getiteld 'Poppie'. (Foto: Facebook via Jan Blohm)

Een van Jan se kunswerke. Dié een is getiteld ‘Poppie’. (Foto: Facebook via Jan Blohm)

Blohm vertel hy is baie opgewonde oor die vertoning in Gordonsbaai. “Dit gaan ʼn heerlike, akoestiese vertoning wees. Dit gaan baie anders wees as die harde rock shows wat ek gereeld doen en gaan baie meer intiem wees. Met so ʼn  tipe vertoning gesels ʼn mens meer met die gehoor en verduidelik waar die idee of inspirasie vir elke liedjie vandaan gekom het,” sê hy.

Kaartjies vir die vertoning kos R150 en kan by 079 898 6087 bespreek word.

Wen

Vyf gelukkige Kaapse lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Jan Blohm se akoestiese vertoning op Saterdag 13 April by die Pitstop @Grille Shack in Gordonsbaai. Wenners word per e-pos in kennis gestel. Die kompetisie sluit om middernag op Donderdag 11 April.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SM ·

Goed om te sien dat hy back on track is – hy is uiters talentvol. Het hom jare terug sien optree by Janharmsgatseagterplaas in Cullinan. Well done Jan!

Essa ·

Die Strand se wins, Pretoria se verlies! Geniet die nuwe “venture”,
mag die muse jou besig hou en die studio blom, en die musiek nooit ophou nie. Beste wense aan ‘n uitsonderlike kunstenaar.

charmaine ·

Hierdie man gee my hoendervleis!! Hy het net so die mooiste stem en sy liedjies op die LIEFDE cd kan n mens na luister en saam sing…eendg is eendag gaan ek nog n show bywoon. En op sy eie rowwe manier aantreklik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.