Jan Jan Jan wéér op Top-20

Die nuwe musiekgroep Jan Jan Jan het verlede week die Top-20 betree, en vandeesweek pronk hulle weer op die Top-20.

Maroela Media het vroeër berig dat dié drie manne se musiekloopbaan alles begin het by ʼn foto van hulle in kakieklere wat vroeër vanjaar op Twitter geplaas is, met ʼn onderskrif wat mense aangemoedig het om aan ʼn kreatiewe naam vir dié nuwe kletsrym-groep te dink.

Tasché Burger, The Voice SA 2019 se wenner, betree die week se Top-20 met ’n lied wat sy saam met Francois van Coke opgeneem het. Vier seisoene kind”, ’n lied uit die pen van sanger Gian Groen, betree die week se Top-20 op nr. 20.

Ruhan du Toit, voorheen van Touch of Class, bly vir die derde week op die nommereenposisie met sy debuut enkelsnit as solo-kunstenaar, “As jy dink jy weet”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, ses wat daal, twee nuwe liedjies wat die week se Top-20 betree en vyf wat onveranderd bly.

  1. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  2. Bok van Blerk – “Was”
  3. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  4. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  5. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  6. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  7. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  8. Robbie Wessels – “Legendes”
  9. Leah – “Kyk na my”
  10. Appel – “Nonna”
  11. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  12. Elvis Blue – “Beloofde land”
  13. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in suburbia”
  14. JohnJames – “Ek is meer werd”
  15. Posduif – “Laat val die water”
  16. Jan Jan Jan – “Wys jou vleis”
  17. Jan Bloukaas ft Early B & Biggy – “Dans”
  18. Tasché – “Die een”
  19. Biggy – “Dames”
  20. Tasché ft Francois van Coke – “Vier seisoene kind”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Griet ·

TOG TE OULIK EN VROLIK, NET WAT SA KORT! WELGEDAAN MANNE MET DIE VLEIS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.