Janie Bay, Danie Reënwolf sing saam op Top-20

Danie Reënwolf en Janie Bay.

Janie Bay en Danie Reënwolf se nuwe duet, “Ek glo nog in jou”, betree vandeesweek die Maroela Media Top-20 in die 19de plek. Danie is ook bekend as voorsanger van die groep  Spoegwolf.

Die twee musikante se paaie het aan die begin van die jaar by ’n geselligheid gekruis. “Ons het toe gesels oor die moontlikheid om iets saam te doen, maar met ons skedules en die inperking was ons nie seker of dit vanjaar sou kon gebeur nie,” vertel Janie.

“Toe die idee van hierdie liedjie begin vorm het, het ek dadelik geweet dat dit die regte een is om saam met Danie aan te pak.”

Die musiekvideo van die lied is geskiet by ’n vriendin van Janie se huis in Stellenbosch. “Dit was ’n lekker liedjie om te kon skryf. Janie het ’n ongelooflike talent om van ’n eenvoudige lied iets besonders te maak. Dit was baie pret en ek dink ons het nogal iets spesiaal hiermee gedoen,” sê Danie.

Riaan Benadé se “Gooi nog ’n whiskey” bly vir die derde week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, 12 wat daal, vier wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat die Top-20 betree.

  1. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  2. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  3. Elandré – “Dag & nag”
  4. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  5. Bernice West – “Sonop-blom”
  6. Refentse – “Stormnag”
  7. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  8. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  9. Ché & Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  10. Appel – “Nonna”
  11. Lianie May & Jay – “Dors”
  12. Margot – “Tydelike afleiding”
  13. Bernice West – “Die hart”
  14. Refentse – “Daai deng”
  15. Jo Black – “Spring”
  16. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  17. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  18. Spoegwolf – “Swart vere”
  19. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  20. Rooksein – “Kyk na my hart”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.