Janie Bay onttroon Elandré op Top-20

Ricus Nel en Snotkop se splinternuwe liedjie, “Boerepompie”, is uiters gewild onder luisteraars – só gewild dat die musiekvideo vir die liedjie, wat op 14 Junie uitgereik is, reeds bykans 500 000 trefslae op YouTube verower het.

Nadat “Boerepompie” verlede week die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die no. 18-posisie betree het, is dit vandeesweek in die vierde plek.

Nel, wat al 25 jaar lank die konsertina bespeel, het onlangs in ʼn onderhoud met Maroela Media vertel die woord boerepompie is reeds lankal ʼn term wat in boeremusiekkringe gebruik word om ʼn konsertina te beskryf en hy loop al lank met die idee rond om ʼn liedjie daarvan te maak.

“ʼn Boerepomp is ʼn ou tradisionele konsertina wat ons voorvaders bespeel het en ons doen dit nou nog,” het Nel gesê.

Janie Bay, wat verlede week in vierde posisie was, neem vandeesweek se no. 1-posisie in met haar eerste Afrikaanse solo-snit, “Amper daar”. Bay het dié liedjie saam met Hunter Kennedy, Fred den Hartog en Peach van Pletzen geskryf en vervaardig. Sy onttroon Elandré se “Vuur op die water”, wat vir etlike weke bo aan die Top-20 gepryk het.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, 13 wat daal en twee wat onveranderd bly.

  1. Janie Bay – “Amper daar”
  2. Elandré – “Vuur op die water”
  3. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  4. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  5. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  6. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  7. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  8. Jo Black – “Bitter”
  9. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  10. Christia Visser – “17 Shots”
  11. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  12. Jo Black – “Voel jy die genade”
  13. Biggy – “Dames”
  14. Juan Boucher – “Want jy weet”
  15. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  16. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  17. Ivan Roux – “Daai ding”
  18. Fatman – “SOS”
  19. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  20. Refentse – “Liefdegenerasie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

#ekkanniehiernaluisternie ·

Ek kan nie meer…
Nie weer n keer,
Hierdie song hoor,
Ek gaan dit verloor.
Vandag se musiek,
Gee my nie meer n kiek.
Dis niks anders as bog
Waaroor die sangers spog.
Rymelary is aan die orde van die dag,
En nou kan ek vir nog so song lag.
Moenie vergeet om jou tale te meng…
Dit sal jou beroemdheid verleng.
En o ja, as jy n vuil song kan skryf,
En dit knder die konserwatiewes se neuse vryf,
Dan is jy die res een voor,
Al is jou song goor.
Maak ook seker jou song bevat n bekkie, bokkie baby,
Dan haal jy die top 10, maybe.
N Kommin stage naam is van kardinale belang,
Op so manier sal jy ook n paar girls vang.
Wat het geword van Laurika, Mathys en Koos,
Sal maar myself met die “Nostalgie” gaan troos.
Nog net 100 woorde oor van my kommentaar,
So ja…eks AMPER DAAR.
Gaan nou maar my platespeler uithaal,
En luister na n ou ou verhaal…
En dalk weer luister na n ou ou liedjie,
En in die mag net bietjie
Verlang
Na
Ware
Afrikaanse
Musiek

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.