Jannie du Toit se ‘Skemerkelkie vir Klein Saterdag’

Jannie-du-Toit

Jannie du Toit (Foto: Facebook)

As akkoorde jou ontroer
Of woorde en ʼn wysie
Ken jy ekstase
Kán jy in wonderwerke glo,
Ontroering is ʼn wonderwerk
Totaal onverklaarbaar
Maar onmiskenbaar
Ek bly verwonderd en ontroerd – en ek bly glo
Aan die Skilder van die wolke
Skilder van die wolke
                                         Woorde en musiek: Jannie du Toit – 2018

Reeds jare lank skilder Jannie du Toit met woorde. Nou is dit moontlik om vir die volgende klompie weke elke Woensdag, of soos Woensdae ook bekend staan, klein Saterdae, ʼn minikonsert by te woon. Jannie gaan altesaam 50 liedjies sing saam met verskeie bekende kunstenaars.

“Vyftig” is vir Jannie simbolies. In 2021 vier hy reeds sy 50ste jaar in die musiekbedryf. Oor dié tydperk het hy in nie minder nie as 21 lande opgetree.

Met “Skemerkelkie vir Klein Saterdag” neem Jannie jou saam op reis. Besoek gerus elke Woensdag dié blad waar die konsert van daardie dag se skakel sal wees. Skink vir jou ietsie te drinke en geniet die mooiste klanke.

Kyk gerus hier na die eerste skemerkelkie wat opgeneem is, Woensdag 18 November te Kroonstad. Die gaskunstenaars is Susan Mouton (tjello), Chanie Jonker (klavier) en die a cappella-groep Breathe.

Hier is die program:

  • 25 November – Protea-aftreeoord, Centurion:  Tjello Susan Mouton, klavier Chanie Jonker en die a cappellagroep Breathe – Kyk hier
  • 2 Desember – Groenhuis, Philippolis:  Klavier Chanie Jonker, fluit Annelie du Plessis-Hoberg
  • 9 Desember – Paarl:  Laurinda Hofmeyr en Gerhard Niemand
  • 16 Desember – Durbanville:  Morg Jacobs van Trilogie-faam
  • 23 Desember – Pretoria:  Gisela de Villiers
  • 30 Desember – Agterplaas B&B-gastehuis, Melville:  Tjello Susan Mouton, klavier Chanie Jonker
  • 6 Januarie – Pierneefteater, Pretoria:  Klavier Chanie Jonker
  • 13 Januarie – Brixton:  Amanda Strydom, Susan Mouton en Coenraad Rall
  • 20 Januarie – Randburg:  Coenie de Villiers, Thean Kotze en Susan Mouton

Besoek gerus Jannie du Toit se webwerf.  Hou ook die spasie dop om meer uit te vind oor du Toit se vertoning, 24 Januarie 2021 by die Atterbury-teater in Pretoria.

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Musiek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae