Jannie, Kevin gaan die verhoog laat dreun in ‘Duet’

Jannie Moolman en Kevin Leo (Foto: Verskaf)

Jannie Moolman en Kevin Leo is binnekort sáám op die verhoog te sien in ʼn “sentimentele reis” waarmee hulle beloof om met hul uiteenlopende repertoires te beïndruk.

Moolman en Leo, albei internasionaal-bekroonde operasangers, gaan kragte saamsnoer in dié produksie, getiteld Duet. Die produksie maak sy Suid-Afrikaanse buiging in die Atterbury-teater in Pretoria, maar was al onder meer te sien in Botswana en ook binnekort in Dubai.

Die sangers, met hulle majestueuse, magiese tenoorstemme, gaan persoonlike gunstelinge sing soos “Fly me to the moon”, “Liefling” en “Funiculi Funicula”.

Moolman het al albums uitgereik soos Ek kom huis toe, Hoëveld kleure en Terugblik. Leo is bekend vir albums soos Sentimental Christmas en VOiCE.

Duet is op 8 Oktober om 17:00 by die Atterbury-teater te sien. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.