Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis se jongste album, So lank sal ek jou liefhê, het binne net een maand ná uitreiking goue status behaal.
Meer as 15 000 eksemplare van dié album is teen die begin van Desembermaand verkoop.
So lank sal ek jou liefhê, wat vroeër verlede maand bekend gestel is, is die sanger se derde solo-album. Dié album het byna vier jaar ná sy tweede solo-album gevolg.
ʼn Musiekvideo vir die titelsnit is in slegs een maand meer as 130 000 keer op YouTube gekyk. Jay se vier bulletjies, Aiden (9), Luka (3), Samuel (7) en Jamie Ryan (1), en sy vrou, Mia, verskyn in die video.
Die sanger het voorheen gesê dié album wys sy “meer ernstige kant” en bevat ook meer kontemporêre liedjies en “sielvolle ballades” as wat hy voorheen gesing het. Die liedjieskrywer Johan Oberholzer het 11 uit die 14 snitte op die album geskryf.
“Ek is baie opgewonde oor hierdie album, veral omdat daar baie persoonlike liedjies daarop is,” het Jay vertel. “Daar is ʼn paar liedjies waarin aanhangers my sal herken omdat soortgelyke liedjies op van my vorige albums verskyn het, maar daar is ook ʼn paar liedjies wat aanhangers dalk mag verras.”
Die album is landwyd beskikbaar by Musica of op iTunes en Joox.
Jy mag maar Jay. Jou gesin is pragtig!
Ja nee kyk …….. as ek maar net jonger was (ha-ha). Ja nee kyk hy mag maar.