Jay, Lianie May sing weer saam op Top-20

Jay en Lianie May het weer kragte saamgesnoer om ʼn splinternuwe treffer getiteld “Dors” uit te reik. Dié liedjie betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

“Ons sal self”, die liedjie wat deur verskeie Afrikaanse kunstenaars vir die bekendstelling van Solidariteit se nuwe werkherstelprogram opgeneem is, neem vandeesweek die no. 1-posisie op die Top-20 in.

Die musiekvideo het meer as 639 000 kykbeurte op YouTube sedert dit twee weke gelede bekend gestel is.

Dit was ook ’n goeie week vir Bernice West, Refentse, Riaan Benadé en Loufi. Dié kunstenaars se snitte het almal vandeesweek verskeie plekke geklim.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, agt wat daal en vyf wat onveranderd bly en ’n nuwe enkelsnit wat die week die treffersparade betree.

-EPs81RnOkrFYru_EdaA

  1. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self
  2. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  3. Elandré – “Dag en nag”
  4. Bernice West – “Sonop-blom”
  5. Refentse – “Stormnag”
  6. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  7. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  8. Margot – “Tydelike afleiding”
  9. Appel – “Nonna”
  10. Jo Black – “Spring”
  11. Bernice West – “Die hart”
  12. Spoegwolf – “Swart vere”
  13. Juanita & Snotkop – “Ruk die dam”
  14. Bobby van Jaarsveld & Early B – ”Sprokie”
  15. Loufi – “Boude”
  16. Refentse – “Daai deng”
  17. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  18. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  19. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  20. Jay & Lianie May – “Dors”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.