Jennifer Zamudio het dubbeldoor-verrassing

Jennifer Zamudio. Foto: Verskaf

Jennifer Zamudio. Foto: Verskaf

Die Afrikaanse sangeres Jennifer Zamudio het ʼn dubbele verrassing om met aanhangers te deel.

Jennifer het Donderdag aangekondig dat sy die wenner van die maandelikse ronde van die internasionale musiekvideokompetisie, SuperXstar, is.

Hoewel Jennifer die maandelikse ronde van dié kompetisie gewen het, is daar nog 11 rondes wat voltooi moet word voordat die 12 deelnemers bekend gemaak kan word. Jennifer sal egter nie in die volgende 11 rondes meeding nie, en is reeds verseker van ʼn plek vir die finale ronde wat in Tennessee gaan plaasvind.

Die sanger, wie se veldtog op die radiostasie RSG en sosiale media verskyn het, het die opvolger, Morgan Galavan, met 624 stemme gewen.

Jennifer gaan in Oktober vanjaar in Nashville teen die ander 11 deelnemers meeding. Die wenner van die finale ronde sal ook afhanklik wees van stemme op die kompetisie se webwerf.

Die sanger verjaar ook Vrydag (15 Januarie) en vier daarmee saam meer as 15 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf.

As jy wil stem of op die hoogte bly van die finale ronde, besoek SuperXstar se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.