Jennifer Zamudio ook finalis in internasionale videokompetisie

Jennifer Zamudio CD Cover DIE LEWE IS 'N LIEDJIE 300Die Afrikaanse sangeres, Jennifer Zamudio, vier vanjaar nie net 15 jaar in die musiekbedryf nie, maar is ook onlangs deur George Ruiz, die hoof uitvoerende beampte van die wêreldwye sangkompetisie, SuperXtar, versoek om die musiekvideo vir haar liedjie “Sê dit harder” in te skryf.

Die internasionale musiekvideokompetisie is die einste kompetisie waarin Lianie May ook ʼn finalis in die weeklikse rondte is. Dié kompetisie werk in drie fases. ʼn Weeklikse wenner word aangewys, wat outomaties deurdring na die finale rondte. In die maandelikse rondte ding die wenners van die vier weeklikse kompetisies teen mekaar mee. Die wenner van dié maandelikse rondte sal deurdring na die finaal en teen 11 ander sangers in Nashville, Tennessee, meeding.

Die wenners word deur aanlynstemme bepaal. Een persoon kan elke 12 ure stem.

Indien jy vir Jennifer se musiekvideo wil stem, volg dié skakel

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.