Jonges woeker op Top-20

Elvis Blue. (Foto: Verskaf)

Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 het verlede week ʼn nuwe baadjie aangetrek. Nuwe musiek word weekliks bekendgestel en Maroela Media het dit goedgedink om elke week saam met die top-20 ook die week se jongste vrystellings te deel om na hartelus te luister en so ook op hoogte gehou te word van nuwe musiek wat uitgereik word.

Andries Bezuidenhout het die afgelope week sy jongste enkelsnit getiteld “Spoorlangs” bekendgestel. Dit is ook die titel van sy vierde solo-album.

Andries is onder meer bekend vir sy dae as deel van die Brixton Moord en Roof Orkes. Hy en sy vrou, Irma, bly sedert 2018 in Alice in die Oos-kaap.

Elvis Blue het ook die afgelope week ʼn nuwe lied, “Meer as genoeg”, uitgereik. Dit sal ook die titel van sy tiende album wees. Weens ʼn moeilike jaar en ʼn half wat sangers agter die rug het, het Elvis ʼn nuwe uitkyk op die lewe en besef hy meer as ooit dat dit die klein dingetjies is wat werklik saak maak.

Luister gerus hieronder na ʼn hele lys van nuwe vrystellings en laat ons weet watter een jou gunsteling is in die kommentaargedeelte onder.

 

Die week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Irene-Louise van Wyk. (Foto: Jorietha Rabie Photography)

Irene-Louise van Wyk se nuwe enkelsnit “Tekkies brand” trek baie aandag, veral op die platform TikTok.

Sy betree vandeesweek die top-20 in die 17de plek.

Francois van Coke se “Ons het gewen” en Rooksein se “Damlelielief” betree ook die week se top-20 in onderskeidelik die 14de en 20ste plek.

Brendan Peyper se “Op jou spoor” het ook ’n goeie week gehad en spring na die 4de plek in slegs twee weke.

Appel kraai steeds koning op die treffersparade met vier liedjies wat tans op die top-20 verskyn. “Dina” is in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, sewe wat daal, ses wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies hul toetrede tot die top-20 maak.

  1. Appel – “Dina”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Appel – “Boerenooi”
  4. Brendan Peyper –“Op jou spoor”
  5. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  6. Appel – “Hier sal jy boer”
  7. Bernice West – “Sonop-blom”
  8. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  9. Elandré – “Binne & buite”
  10. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  11. Appel – “Hardwerkende man”
  12. Elandré – “Dag en nag”
  13. Bernice West – “Kom binne”
  14. Francois van Coke – “Ons het gewen”
  15. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë na die berge”
  16. Fatman – “Vuil Coke”
  17. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  18. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  19. Christia Visser – “Beste leuen wen”
  20. Rooksein – “Damlelielief”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.