Josh Groban binnekort in SA te sien

Josh Groban. Foto: Verskaf

Josh Groban. Foto: Verskaf

Die multi-platinum-sanger, Josh Groban, is binnekort in Johannesburg, Kaapstad en Durban te sien vir verskeie optredes vir verdere bemarking van sy album, Stages.

Die sanger het al meer as 25 miljoen albums verkoop sedert hy bekendheid in 2001 verwerf het met sy album Josh Groban. Hy het in 2011 in Suid-Afrika getoer en opgetree by vyf vol bespreekte konserte.

Groban is benoem vir meer as 12 toekennings, waaronder die American Music-, World Music-, Juno- en Grammy-toekennings asook ʼn Oscar. Hy het ook al opgetree saam met ander wêreldbekende kunstenaars soos Barbra Streisand, Andrea Bocelli en Celine Dion.

Hy is ook een van Suid-Afrika se mees suksesvolle internasionale verkopers oor die afgelope tien jaar met meer as 750 000 van sy albums wat verkoop is. Sy album, Stages, was vir drie weke nommer een op die Suid-Afrikaanse radiostasies.

Liedjies soos dié van Les Misérables, Sunday in the Park with George, Sweeney Todd, Phantom of the Opera en The Wizard of Oz verskyn op die album.

Hier is die datums vir sy optredes:

Johannesburg
Vrydag 8 April
Ticketpro Dome
Koste: R565 – R1 190

Durban
Sondag 10 April
ICC Durban Arena
Koste: R450 – R905

Kaapstad
Dinsdag 12 April en Woensdag 13 April
Grand Arena, GrandWest
Koste: R565 – R1 130

Alle kaartjies beskikbaar by Big Concerts en Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.