“Jou huis” maak hom tuis in no.1-posisie op Top-20

Elvis Blue en Theuns Jordaan. (Foto: Facebook)

Elvis Blue en Theuns Jordaan se nuwe enkelsnit, “Jou huis”, het die nostalgie behoorlik by Afrikaanse musiekliefhebbers laat opvlam en nou het dié treffer ook die res uitgestof om vandeesweek bo-aan Maroela Media se Afrikaanse Top-20 te pryk.

Jou huis is ook die titel van Elvis Blue se nuwe album wat binnekort bekendgestel word.

Elandré se “Vuur op die water” moes ná twee weke in die no. 1-posisie plek maak vir “Jou huis”, terwyl Dewald Wasserfall se “Elektrisiteit” ook een plek afgesak het.

Janie Bay klim die week tot by no. 7 nadat sy verlede week die Top-20 betree het met haar nuwe enkelsnit, “Amper daar”. Die musiekvideo van dié liedjie is ook onlangs bekendgestel.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar twee snitte wat styg, 14 wat daal en drie wat onveranderd bly en een nuwe lied wat die week se Top-20 betree.

  1. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  2. Elandré – “Vuur op die water”
  3. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  4. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  5. Jo Black – “Voel jy die genade”
  6. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  7. Janie Bay – “Amper daar”
  8. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  9. Jo Black – “Bitter”
  10. Juan Boucher – “Want jy weet”
  11. Christia Visser – “17 Shots”
  12. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  13. Ivan Roux – “Daai ding”
  14. Refentse – “Liefdegenerasie”
  15. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  16. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  17. Corlea – “Onbreekbaar”
  18. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  19. Musiek soos grond – “Lugballon”
  20. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rolene ·

Dit sou lekker wees om op n liedjie te kon click en luister.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.