
Juan Boucher (Foto: Facebook)
Juan Boucher het pas sy negende album, getiteld Die Rower, bekendgestel. Juan beskryf die album as “ʼn vars bries van romantiek en mistiek”. Die eerste snit, “Die Rower”, is ʼn lied wat liefde en verlange saamvat en beskryf as “’n atmosfeer wat soos mis oor die see hang”.
Op dié album is daar ook liedjies wat hy saam met ander kunstenaars opgeneem het. Die snit, “Suid”, wat hy saam met Tasché sing, het pas vandeesweek op Maroela Media se Afrikaanse Top-20 op die 18de plek verskyn.
Die Piesangskille se “Inge 2” bly vir eers in die nommer-een-posisie.
In vandeesweek se Top-20 is daar ses liedjies wat klim, vyf wat hulle plekke verloor, een liedjie wat die week die Top-20 betree en agt liedjies wat onveranderd bly.
1. Die Piesangskille – “Inge 2”
2. Die Piesangskille – “Lyntjie”
3. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
4. Appel – “Foute”
5. Barto – “H2Oë”
6. Eloff – “Koue kole”
7. Bernice West – “As Hy weer kom”
8. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”
9. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
10. Robbie Wessels saam met Anlia Starr, Ruhan du Toit en Karlien van Jaarsveld – “Saam Suid-Afrika”
11. Barto – “Impulsief”
12. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
13. Jay – “Stoutgat”
14. Appel – “Diana”
15. Bobby van Jaarsveld – “Toe, nou en altyd”
16. Appel – “Suikerbos”
17. Spoegwolf – “Cloetesville”
18. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
19. Rooksein – “Hey jy”
20. Marno van der Merwe – “Ouens soos ek”
Nuwe uitreikings:

Boekklub (Foto: Apple Music)
Boekklub het pas hul nuutste enkelsnit, “Eerste dates”, bekendgestel. Dié liedjie is geskryf deur Anru Vorster en vertel die storie van al die onsekerheid en twyfel wat in jou binneste woed voordat jy uiteindelik die regte persoon ontmoet.
Ander liedjies wat uitgereik is, is Jan Jan Jan se “Genna Reyter”, Wikus Botma se “Aan soos Brakpan”, Karen Zoid se “Hou bene hou”, Dis net Frederick se “Rolo Meisie”, Derónshay se “Ry nou”, Groot geraas se “Stukkie vir stukkie”, Ouderdoos se “Stuur groete aan Mannetjies Roux”, Ruan Josh se “Vat die houe” en Armand Steenkamp se “Vriend”.
* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.