Juan, Neil se Bosveld-snit betree Top-20

Spoegwolf se jongste enkelsnit, “Swart vere”, het verlede week geskiedenis gemaak op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 deur die eerste liedjie te word wat slegs op een platform beskikbaar is en wat toegelaat is op die Top-20.

Dié snit klim vandeesweek na die 13de plek. Dit sal in die groep se nuwe album, Wind, verskyn wat vroeg in September bekend gestel gaan word.

Jo Black maak weer sy verskyning op die Top-20 in die 20ste posisie met sy jongste enkelsnit, “Spring”.

Nog ʼn nuwe toetrede tot die treffersparade vandeesweek is Juan Boucher en Neil Somers se nuwe enkelsnit, “In die Bosveld”.

Bernice West se debuutenkelsnit, “Sonop-blom”, bly vir eers weer in die week se no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, vyf wat daal, sewe wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die Top-20 betree.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  3. Bernice West – “Die hart”
  4. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  5. Appel – “Nonna”
  6. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  7. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  8. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  9. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  10. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  11. Loufi – “Boude”
  12. Dirk van der Westhuizen – “Dirty 30’s”
  13. Spoegwolf – “Swart vere”
  14. Ruhan du Toit – “Lewe red”
  15. Spoegwolf – “Heen en weer”
  16. Robbie Wessels & Liezel Pieters – “Iemand daarbo”
  17. Brendan Peyper – “Vasdanslyf”
  18. Len Muller met Stella – “Toevlug”
  19. Juan Boucher met Neil Somers – “In die Bosveld”
  20. Jo Black – “Spring”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.