Juanita du Plessis deel goeie nuus

Juanita du Plessis se jongste album (Foto: Facebook)

Nog voordat haar Koningskind-album uitgereik is, het dié jongste album van die Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis reeds goue status bereik.

In ʼn verklaring het sy gesê dié album – haar eerste geestelike album in ses jaar – bevat baie liedjies wat tydens ʼn intieme en “baie persoonlike skryfproses” geskryf is.

Die album het een doel: Om hoop, liefde en nuwe lig in mense se lewe te laat vlam vat.

“Die lirieke van ‘Koningskind’, die gelyknamige eerste snit in die album, dra die boodskap oor dat almal vrygekoop is deur die bloed van Jesus, en dat ons almal Koningskinders is,” sê sy in die verklaring.

Die album bestaan uit 18 liedjies waarvan sy altesaam nege self geskryf het.

“Dit bly darem maar steeds ʼn lekker gevoel om – ná soveel maande se harde werk – dít [die album] te kan vashou. Ek is só dankbaar en geseënd,” het sy op sosiale media laat hoor.

Koningskind word einde vandeesmaand uitgereik en ʼn musiekvideo van die eerste enkelsnitte volg kort op dié vrystelling se hakke.

Vir meer inligting besoek Juanita du Plessis se Facebook-blad.

Koop Juanita du Plessis se splinternuwe CD Koningskind in Die Koöperasie, Maroela Media se aanlynwinkel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Rieta ·

Baie geluk Juanita dit was omtrent tyd vir nuwe geestelike album.
Mag die album nuwe hoogtes bereik!!!

Sven ·

Goeie tye Juanita! Sien meer uit om Franja se loopbaan te volg, sy gaan nog groot dinge bereik, indien sy nie haar ma verby steek nie, en dan is sy nog so n sagte mens en sag op die oog:)

Bessie ·

Skinny jeans en kaal skouer. Kyk die teruglê houding, sit nie eers ordentlik nie. Bietjie seksueel uitlokkend vir ‘n geestelike album. Of is dit net die sensuele wat verkoop en populêr is? Ek sien dit in die kerk ook. Bra strêps wat wys en stywe jeans, gekleurde hare en dik grimering. Mense het geen respek meer vir God nie.

Magda ·

Sien niks verkeerd met die Album se foto nie, en ja die mense gaan Kerk toe net soos hulle wil – maar gaan dit nie oor die innerlike en nie die uiterlike in die Kerk nie – en kan daai mense wat so aantrek regtig beter bekostig. Gelukkig gaan hulle kerk toe, en dalk is hulle harte op die regte plek, maak nie saak hoe hulle uiterlike lyk nie – Dit is wat regtig tel by ONSE VADER.

G ·

Bessie, sê jy dat ons nou maar eerder die bra’s by die huis moet los, sodoende sal geen bandjies wys nie? ;-) Kyk, ek was al geskok oor baie se kleredrag, maar dis gewoonlik as hul met feitlik niks aan, rondloop nie. Grimering, gekleurde hare, stywe denims? Wat is fout daarmee? Dit lyk beslis beter as ‘n broek wat soos ‘n sak aartappels hang. Grimering en hare kleur is slegs ‘n ‘euwel’ wanneer ons daarmee ons dogters wil leer dat hul slegs mooi is as hul grimering dra.

grotman77 ·

Liewe Bessie gelukkig kyk God nie na die uiterlike van die mens nie maar na die Hart. Jakobus se self geloof sonder dade is dood en wat is hierdie dade om uiterlik korrek te wees of innerlike die liefde van Yeshua uit te leef soos barmhartigheid, sagmoedig van Gees is, verdragsaamheid, liefde, omgee vir mekaar , mekaar se laste te dra , bly te wees as ander God – JHWH met n opregte hart dien, vrede met alle mense najaag en rein van hart te wees nie en as mens te weerhou van jaloersie, leuens, veroordeling, self regverdiging , haat ,nyt en beledigings, Gaan dit oor die klere wat sy dra or oor die boodskap wat sy oordra. Word n mens gered oor wat jy kerk toe aantrek of hoe jy innerlik JHWH verheerlik deur jou dade. Sy lyk soos n normale goed geklede dame wat ek aan enige president van enige land met vrymoedigheid bekend sal stel sonder om oor haar skaam te voel.

anita ·

Ek is die Koning se kind! Niemand gaan my dit nie vertel nie. Al kleur ek my grys hare rooi, maak ek myself netjies. Juanita is en was nog altyd stylvol. Wat het dit nou met ons geloof in ons Verlosser te doen as ons nou nie sykouse en n Victoriaanse rok aan het nie?

gelukkig Johannesburg ·

Bessie – kyk mooi daar is niks fout met haar kleredrag nie !!!!!!
Bra steek ut nie – dit gaan oor jou verhouding met die Here en nie oor jou kleredrag nie – as jy die dag jou assem uitblaas dan gaan jy sonder daai klere – as jy mense sien wat nie reg aantrek in die kerk (jou kerk nie) is dit jou plig om met hulle te praat, met Liefde soos die woord ons leer

Stefanie ·

Niks fout met die foto nie…..moes sy op ha kniee gestaan het?
Juanita jy is ‘n ster baie geluk!!!!

Blommie ·

Snaaks ek sien nie kaal skouer nie net ‘n wit driekwart mou bloesie/truitjie. Jy sing baie mooi Juanita

Nettie ·

Ek het amper gesing (ha-ha-ha!) van blydskap …… wat toe maar van korte duur was. Ek het gedink sy kondig die goeie nuus van haar uittrede uit die musiektoneel aan!

Wim ·

Sy het vrydagaand in Port Shepstone by Hoërskool Suid Natal die eers keer haar nuwe album se liedjies voor n gehoor gesing. Dit was n awesome show. Baie dankie aan haar en haar hele span.

rb ·

Hoe us dit goue status as dit nig nie uitgereik of op die rakke is nie

Frikkie ·

Hi julle hoe kry julle die stelling………?
Van wat Juanita sê dat almal vry gekoop is deur Jesus bloed ens……….

Roline ·

Ai party mense is katterig. Dalk is hulle jaloers op Juanita, en wens hulle kon soos sy sing en aantrek. Sy is n stunning mens en n voorbeeld vir baie. Jaloesie is n lelike ding mense.

Theresa B ·

Hoe bereik ‘n album Goue Status nog voordat uitgereik is. Niemand het dit nog gehoor of gekoop nie. Huh!!??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.