Juanita ‘maak dit los’ op die Top-20

Juanita du Plessis se eerste solo‑enkelsnit in bykans vyf jaar getiteld “Maak dit los!” betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die no. 16-posisie.

Die musiekvideo van die liedjie is Donderdag bekendgestel en het reeds meer as 10 200 trefslae op YouTube. Haar nuwe album, Dis Tyd, word vroeg volgende jaar uitgereik.

Verskeie kunstenaars van Select Musiek het saamgewerk aan ʼn nuwe enkelsnit wat onlangs bekendgestel is. Brendan Peyper, Refentse, Elandré en Christia Visser sing saam op die snit “Ons maak saak”. Dié lied maak ook hierdie week sy toetrede tot die Top-20.

Bobby van Jaarsveld en Demi Lee Moore se gewilde duet, “Ek weet al lankal”, bly vir die tweede week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, ses wat daal, twee nuwe liedjies en agt wat onveranderd bly.

  1. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore – “Ek weet al lankal”
  2. Bok van Blerk – “Was”
  3. Refentse – “What a boytjie”
  4. Karlien van Jaarsveld – “Stiltes”
  5. Elvis Blue ft Snotkop – “Langpad alleen pad”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  8. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  9. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  10. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  11. Snotkop – “Pens en Pootjies”
  12. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  13. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  14. Tasché & Francois van Coke – “Vier seisoene kind”
  15. Francois van Coke ft Spoegwolf – “Dagdrome in Suburbia”
  16. Juanita du Plessis – “Maak dit los!”
  17. Elvis Blue – “Beloofde land”
  18. Brendan Peyper, Refentse, Elandré & Christia Visser – “Ons maak saak”
  19. Riana Nel – “Sterker”
  20. Biggy – “Dames”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lizzie ·

Dalk tyd geword vir aftree Juanita en dinge oorgee aan die jonges???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.