Juanita nié vanjaar by Afrikaans is Groot

Juanita du Plessis in 2017 op die AIG-verhoog. (Foto: Afrikaans is Groot)

Juanita du Plessis in 2017 op die AIG-verhoog. (Foto: Afrikaans is Groot)

Die uiters gewilde Afrikaanse sangeres Juanita du Plessis, wat sedert die aanvang van die Afrikaans is Groot-konsertreeks ʼn instelling op die verhoog is, het aangekondig dat sy nié vanjaar sal deel wees van dié massiewe konsertreeks nie.

Du Plessis het die aankondiging op haar sosiale media-bladsye gemaak. “Ek weet daar gaan seker baie vrae wees hieroor … en voordat feite weer heeltemal verdraai word, wil ek maar net persoonlik laat weet dat ek nie in 2019 sal deel wees van #Afrikaansisgroot nie,” het sy geskryf.

Du Plessis sal egter steeds volgende maand by die Afrikaans is Groot-konserte in Kaapstad te sien wees.

“Dit is absoluut my eie keuse om dit net eers ʼn blaaskans te gee. Ek sien julle wel nog Maart in die Kaap met die laaste paar shows van @AIG2018! [sic]” het sy bygevoeg.

Steve Hofmeyr en Juanita du Plessis in 2017 op die AIG-verhoog. (Foto: Afrikaans is Groot)

Steve Hofmeyr en Juanita du Plessis in 2017 op die AIG-verhoog. (Foto: Afrikaans is Groot)

Barry Pretorius, regisseur en vervaardiger van die Afrikaans is Groot-konserte, het in ʼn video op sy Facebook-blad gesê die beplanning vir vanjaar se konsertreeks is reeds in volle swang.

“Ons gaan seker maak dat jou 2019-ondervinding iets besonders gaan wees. Moet nooit vergeet nie: Afrikaans is Groot is jóú konsert, dis jóú musiek en jóú kunstenaars en ons is tot jou diens.

“Ons sien uit om jou te verwelkom by die grootste, mees fenominale geleentheid op die Afrikaanse musiekkalender,” het Pretorius gesê.

Hy het bygevoeg konsertgangers wat verlede jaar kaartjies gekoop het, kry vanaf Woensdag 27 Februarie tot Sondag 3 Maart ʼn spesiale vergunning om eerste kaartjies vir vanjaar se konsert aan te koop. Die amptelike kaartjieverkope open op Dinsdag 5 Maart.

Die Afrikaans is Groot-konsertreeks vind vanaf 22 November in Pretoria by die Sun Arena, Time Square in Menlyn plaas.

Ons is terug!!!

Afrikaans is Groot is terug want JY het daarvoor gevra !!!Deel hierdie video-clip dadelik op jou eie profiel en staan 'n kans om jou AiG 2019 kaartjies gratis en verniet te kry. Ons kies 50 "shares" deur die loop van die dag. Wie weet? Dalk is dit jy.Dis jou land. Dis jou taal. Dis jou musiek. Afrikaans is Groot is JOUNE !!!

Posted by Afrikaans is Groot on Friday, February 22, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ellisras ·

Waar daar ‘n rokie trek is daar ‘n vuurtjie. In die geval ‘n reuse vuur wat hul nog gaan verteer. Al die gerugte wat so rondloop met al meer en meer mense wat bevestig dat dit waar is.

SjN ·

Was daar nie n sekwestrasie van plate maatskappy ter sprake nie, vra net

Jane Palotasi ·

Ek het ook geleer waar n rokie trek is gewoonlik n vuurtjie. Ek is nie n aanhanger van haar nie, en let op dat sy nie sê hoekom sy nie aig gaan bywoon nie. Rus is nie die rede nie, daarvan is ek seker, want dit kom op n baie gerieflike tyd, but that said, goodbye

Pieta ·

Dankie tog, nou sal ek ook weer Afrikaans is Groot kan ondersteun.

VanAfrika ·

Sies man, sy het soveel bygedra tot Afrikaanse musiek en julle sê haar so sleg. Sy skroom ook nie om die Here saam met haar op die verhoog te vat nie. Sy is die populerste sangeres op die verhoog en sy domineer Afrikaanse musiek en konserte. Wag tot sy weer kom met n “hit” dan is dit eier in jul gesigte.

Jane Palotasi ·

Hit of nie, verstaan jy nie nee dankie nie?Haar christenskap het niks hiermee uit te waai nie

VanAfrika ·

@Jane, Wat het nee dankie nou daarmee te doen, nêrens in jou skrif sê jy iets van nee dankie nie. Wat krap jou so dat haar Christenskap jou so grief??

Jane Palotasi ·

VanAfrika niks krap my nie, ek sê nee dankie vir haar sg volgende hit, wanneer ek weliswaar nie met eier op my gesig gaan sit nie. Ek dink ook nie sy is die populêrste sangeres op die verhoog nie en ek dink ook nie dat sy konserte en afr musiek domineer nie, so vir haar by aig sê ek nee dankie. Ek het haar al gehoor sing sonder al die wondere wat n opname ateljee bied, en ek sê jou ou maat, sy Het al die hulp nodig wat sy kan kry. Als nou mooi duidelik?

Dianne ·

2017 se Afrikaans is Groot was baie beter as 2018 sin. Weet nie of ek 2019 sal kaartjies koop nie.

Antoinette ·

Ons was laas in 2017 daar,en in 2016 wat ook weer vir ons beter was as 2017. Die nuwe venue vat baie van die ervaring weg. En elke kunstenaar het 1-2 liedjies gesing… Ons het dit nie gemis verlede jaar nie….

Lindtjies ·

Juanita sal haar nie ophou met onbenullighede nie. Sy is ‘n ware kind van God. Sy is ‘n pragtige mens en het net so ‘n pragtige stem. Afrikaans is Groot is nie die enigste konsert waar ons haar kan sien oprtree nie. Daar is vele ander.

Ellisras ·

Hoe weet ons sy is ‘n ware kind van God. Hoe weet jy ek is ‘n ware kind van God. Hoe weet ons jy is ‘n ware kind van God.
As ek dit vir jou moet sê dan moet jy begin wonder.
As my dade van dit spreek is dit meer geloofwaardig. Dan nog: Meng jou met semels dan vreet die varke jou op.

DC ·

Dat Juanita groot is, is nie te betwyfel nie, maar met haar man en seun wat nou in die nuus is vir die verkeerde redes maak dit mens dink hoekom sy nou skielik nie in Pretoria kan of wil optree nie. As ‘n mens so in die publieke oog is soos sy (en haar gesin) moet jy altyd seker wees alles wat jy doen is legit en above board. ‘n Klein twyfelagtige “bad deal” of swak besluite kan jou vinnig kelder. Veral as jy so “skoon” soos Juanita en haar gesin is….

Voel jammer ·

Lindjies ek stem saam jou. Ons almal maak foute of sonde, of noem dit wat jy wil. Ons net menslik. Ons oordeel tog te graag. Die woord se haal eers die balk uit jou eie ook en jul ken die res, maar ons tog so blind as dit by ons eie foute of sonde kom. Voel jammer vir hulle wat so in die openbare oog is. Ek dink sy beskerm haar familie en dit is hoe dit gedoen moet word. Sy maak opofferings en dit se baie want ek dink hul het die fondse nodig. Lig op jou kop Juanita en kyk almal wat gal braak het op hierdie platvorm. Jy hul niks verskuldig nie. Die meeste wat daar staan het ook geraamtes in die kas hul sin dalk nog net goed toegesluit. Waardeer jou Juanita vir jou sang en persoonlikheid. Sterkte

ek wil weet ·

Kyk nou weer die klomp skinderbekke hier wat negatiewe kommentaar lewer. Wat het haar finansies/persoonlike lewe/watookal met julle te doen? Kan nie glo hoe mense kan aangaan oor NIKS.

E.K. die eerste ·

People gossip. People are insecure, so they talk about other people so that they won’t be talked about. They point out flaws in other people to make them feel good about themselves. I think at any age or any social class, that’s present. Blake Lively

F ·

Gaan beslis gemis word. Juanita is Afrikaans is GROOT. Geniet die rus.

Tina ·

Nee wat, ek sal haar beslis nie mis nie. Sy het grootkop gekry. En die mense wat so gou is om te sê sy is ‘n kind van die Here, ken julle haar persoonlik? Natuurlik gaan sy haar beste voetjie voor sit wanneer sy op die verhoog is en in die publieke oog, maar hoe is sy wanneer die gordyn val.

Osie ·

DANKIE TOG! Haar tyd is lankal verby. Gee die ander nuwer kunstenaars ook ‘n kans.

T Cronjé ·

Dis nou jammer – hoop volgende keer is sy terug. Wat ook al die rede, het eintlik niks met ander te doen nie. Een ding is seker – haar ondersteuners gaan haar baie mis!

Susan du Toit ·

Sy was nog altyd ‘n geliefde sangeres vir ons land hoekom haar nou probeer af kraak haar man se besigheid het niks met haar of enige iemand te doen nie. Mens vergelyk nie mooi met kinders nie hulle hele gesin is pragtig. As jy nie goed kan praat nie bly stil. Hoop ons sien jou volgende jaar en by Innibos.
sterkte Juanita

Susan du Toit ·

Ek is nou by AIG vanaf dit begin het daar is geen vergelyking nie elke jaar beter
Dankie ons Sangers vir julle pragtige vertonings

JDP Fan ·

Mense is wreed. Ek glo vas dat die wat so skinder meer probleme het as sy en niks beters het om te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.