Jurie Els kuier saam met ATKV Centurion-sangers by bejaardes

Jurie-Els-en-die-ATKV-Centurionsangers

Voor is van die inwoners van die SAVF Magaretha Ackerman- tehuis in Pretoria-Wes saam met (agter) Marie Lourens (mandolien), Hannetjie du Toit (tehuispersoneel), Jurie Els, Ina Labuschagne (sanger), Charmaine Wallace (tehuispersoneel) en Johan Lourens (kitaar) van die ATKV Centurion-sangers.

Jurie Els het verlede week saam met die ATKV Centurion-sangers by die Residentia-stigting- en Magaretha Ackerman-tehuis in Pretoria opgetree.

Die twee konserte was deel van Els se Suid-Afrikaanse bekendstelling van sy 35ste album, Stil verby, en sy boek, Ver van vrede, wat onlangs uitgegee is. Die bejaardes in die tehuise in Arcadia en Pretoria-Wes is vermaak met sy grootste treffers en ander onthou-liedjies.

“Vir ons as ATKV Centurion-sangers is dit ’n eer om saam met iemand soos Jurie Els op te tree. Hy bevorder Afrikaanse musiek al vir 21 jaar,” het Sakkie Kotze van die ATKV se Centurion-tak gesê.

Els toer nog tot die einde van Mei deur Suid-Afrika. Besoek sy Facebook-blad vir ʼn volledige program van sy optredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerrie vd Merwe ·

Hoop die oumensies se harte het sommer warm geklop. Mag die Here gee dat ons nooit daar opeindig nie – isnie ‘n baie vars plek nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.