Jurie Els het verlede week saam met die ATKV Centurion-sangers by die Residentia-stigting- en Magaretha Ackerman-tehuis in Pretoria opgetree.
Die twee konserte was deel van Els se Suid-Afrikaanse bekendstelling van sy 35ste album, Stil verby, en sy boek, Ver van vrede, wat onlangs uitgegee is. Die bejaardes in die tehuise in Arcadia en Pretoria-Wes is vermaak met sy grootste treffers en ander onthou-liedjies.
“Vir ons as ATKV Centurion-sangers is dit ’n eer om saam met iemand soos Jurie Els op te tree. Hy bevorder Afrikaanse musiek al vir 21 jaar,” het Sakkie Kotze van die ATKV se Centurion-tak gesê.
Els toer nog tot die einde van Mei deur Suid-Afrika. Besoek sy Facebook-blad vir ʼn volledige program van sy optredes.
Jurie!! My jinne.
Hoop die oumensies se harte het sommer warm geklop. Mag die Here gee dat ons nooit daar opeindig nie – isnie ‘n baie vars plek nie.
Lyk maar na ‘n droë partytjie …