Justin Bieber-vertonings amptelik gekanselleer

Justin Bieber. (Foto: Dimitrios Kambouris/Getty Images/AFP)

Nadat die sanger, Justin Bieber, in 2022 ’n deel van sy wêreldtoer uitgestel het, blyk dit nou asof dié konserte geheel en al gekanselleer is.

Ramsay Hunts-sindroom is in Junie 2022 by die 29-jarige Kanadese popster gediagnoseer. Dié sindroom het gedeeltelike gesigsverlamming by Justin veroorsaak.

Ná die diagnose het hy ’n blaaskans van sy wêreldtoer geneem en die res van sy vertonings in die VSA uitgestel. Hy is egter later terug verhoog toe om die Europese been van die toer voort te sit, hoewel dit slegs ’n maand geduur het voordat hy weer rus nodig gehad het.

Justin sou in September 2022 by die DHL-stadion in Kaapstad en in Oktober by die FNB-stadion in Johannesburg opgetree het. Dié konserte is egter kort voordat dit sou plaasvind, amptelik geskrap.

Sedert die aankondiging van sy onbepaalde breuk van die verhoog af, lyk dit nou asof die konserte in Frankryk, Ierland en die VSA amptelik gekanselleer is.

Alhoewel daar nog nie ’n amptelike verklaring deur Justin of sy publisiteitspan uitgereik is nie, is al sy konserte op Ticketmaster, waar mens kaartjies sou kon koop, as “gekanselleer” gemerk.

“Ek moet my gesondheid ’n prioriteit maak,” het Justin vroeër oor die uitstel van sy wêreldtoer gesê.

“Ek gaan oukei wees, maar ek het tyd nodig om te rus en beter te word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Groen Ghoen ·

Darem interessant hoe baie jong, gesondes skielik die raarste siektes opdoen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.