Jy’s ongelooflik

Kevin Leo

Die tenoor Kevin Leo bied die fynproemusiekliefhebber ‘n pragalbum met tydlose, nostalgiemusiek en swierige vokale vaardigheid.

Die tenoor, Kevin Leo, veral bekend om sy skitterwerk as lid van die trio Drie van die Bestes (saam met Mathys Roets en Danie Niehaus) se solo-album vir Select-Musiek is ‘n klankspieël van ware kunstenaarskap, vokale vaardigheid en professionele slyping. Die tweetalige album Jy’s ongelooflik – met 17 snitte – ontgin Kevin se genreveelsydigheid en anker hom as ‘n volronde sanger.

Naas die klassiekgekleurde titelsnit, bevat die album ook ligte operettewerk, innige ballades, countrygunstelinge en selfs ‘n dansnommertjie! Kevin skitter op onder meer Oh Danny Boy (met die stemme van The Voices of Angels), I’ll walk with God, My way en sy en Jakkie Louw se rockoperaweergawe van Louis van Rensburg se Voshaarnooi.

Met die meesleurende bekoring van When I fall in love, Somewhere my Love, Let it be me, Love is a beautiful song en Mona Lisa. Daar is die opwinding van ‘n Aand om nooit te vergeet nie, die uitbundigheid van Drink, drink, drink en die ritmegenot van Verlief, maar nie op jou nie.

Tussen die treffende Afrikaanse ballades is die snitte Hoe sou dit wees? en Ek wonder. En dan kry musiekliefhebbers ‘n sonderlnge bonus: Kevin in postuumduet met Gé Korsten se treffer Lied van die lewe. Daarby vertolk hy ‘n briljante keurspel met Gé se grootste treffers. Kevin verleen hieraan eertydse nostalgie, gepoets met hedendaagse tegnologie en sy onmiskenbare vokale eiesoortigheid.

Hy maak tydlose treffers toeganklik in ‘n styl wat gekenmerk word aan tegniese vernuf en emosionele oorgawe. Ervaar die talent van ‘n kunstenaar wat die kuns van musikale suiwerheid kén!

Speellys

  1. When I fall in love
  2. Let it be me
  3. Jy’s ongelooflik
  4. Oh Danny Boy (Met The Voice Of Angels)
  5. Lied van die lewe (Duet Met Gé Korsten)
  6. Hoe sou dit wees
  7. Somewhere my love
  8. I’ll walk with God
  9. Mona Lisa
  10. Ek wonder
  11. Gé Korsten-keurspel
  12. Drink, drink, drink
  13. My way
  14. ‘n Aand om nooit te vergeet nie
  15. Love is a beautiful song
  16. Voshaarnooi

http://youtu.be/uF6dTk3GsQI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.