Kaartjies vir premium #JouAiG-vertoning nou beskikbaar

Afrikaans is Groot (Foto: Stephen Elliott)

Verkope vir die premium #JouAiG-vertoning is nou oop. Die #JouAiG-veldtog en gepaardgaande #JouAiG-vertoning is ’n inisiatief wat deur die direksie en kunstenaars van Afrikaans is Groot en Helpende Hand gedryf word om vir die publiek as individue, groepe of besighede die geleentheid bied om as ’n amptelike hoofborg van die konsert in te tree. Daar is besluit dat jy (die publiek) dus die hoofborg van die gewilde Afrikaans Is Groot-vertonings gaan wees en dat die konserte sal voortduur terwyl jy dit ondersteun.

Die eksklusiewe #JouAiG-vertoning gaan enig in sy soort wees en word as ’n galakonsert beskryf. Dit vind plaas op 28 November 2019 by die Sun Arena by Menlyn Maine in Pretoria. Elke kaartjie wat verkoop word, sal dien as ’n bydrae tot die bestaan van die Afrikaans is Groot-handelsmerk.

Die winste van die gala-aand gaan ook aan Helpende Hand bemaak word. Elke hoofborg se naam sal op die skerms by die konserte vertoon word en in ’n spesiale AiG 2019-program verskyn. Groepe en besighede sal ook as hoofborg kan intree deur kaartjies vir die #JouAiG-vertoning te koop en dan vir Afrikaans is Groot per e-pos by [email protected] te laat weet hoe hulle naam aangedui moet word.

Hoofborge se name sal ook deel vorm van die Afrikaans is Groot-handelsmerk. Kaartjies vir hierdie geskiedkundige geleentheid is slegs by Computicket beskikbaar. Indien jy graag van hierdie geleentheid gebruik wil maak om as ’n hoofborg vir Afrikaans Is Groot in te tree, en so ook jou kultuur en jou taal te ondersteun, klik hier om jou kaartjies te koop.

Volgens die direksie van AiG is die vertonings gebore uit ’n gees van trots vir die Afrikaanse taal, kultuur en gemeenskapskrag en het die handelsmerk ’n kontrak met die publiek om hierdie gees uit te brei. “Ons kan net met groot dankbaarheid die borge bedank wat gehelp het om oor die jare van AiG ’n groot sukses te maak. Elke persoon wat ’n kaartjie koop bly egter steeds individueel ook ‘n borg van AiG en maak ’n unieke bydrae tot hierdie skouspelagtige kultuurgeleentheid,” meen Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AiG.

Diegene wat nie die premiumkonsert kan meemaak nie, maar steeds die #JouAiG-veldtog wil ondersteun, word genooi om hul stem te laat hoor saam met AIG-kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Demi Lee Moore en Karlien van Jaarsveld deur die #JouAIG-plegverklaring aanlyn by www.jouaig.co.za te onderteken. SMS ook die woord JOUAiG na 39950 (teen R2) om só ’n verskil te maak en steun te wys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.