Kaleidoskoop betower met verwerkings

Jouba en Anique Jordaan van die musiekgroep Kaleidoskoop is Vrydag 9 Mei in die Atterbury Teater te sien.

Jouba en Anique Jordaan van die musiekgroep Kaleidoskoop is Vrydag 9 Mei in die Atterbury Teater te sien.

ʼn Video van ʼn gesprek met Jouba en Anique Jordaan van Kaleidoskoop volg onderaan die berig. 

Buiten hulle oorspronklike musiek het Kaleidoskoop gehore tot dusver betower met hul verwerkings van wêreldbekende liedjies soos The Cranberries se Zombie. Die aanvraag na hierdie verwerkings was só groot dat die groep besluit het om dit op CD en DVD beskikbaar te stel.

Die DVD is in ʼn unieke ateljee verfilm en ou bekendes van ABBA en Michael Jackson is op ʼn baie unieke wyse verwerk tot akoestiese weergawes met instrumente soos trekklavier, glockenspiel, tjello en talle ander.

Na twee baie suksesvolle optredes waar hulle die nuwe CD/DVD Acoustic Covers bekendgestel het, is Kaleidoskoop weer op 22 Mei om 19:30 vir 20:00 in die Atterbury Teater in Pretoria te sien. Die gehoor kan uitsien na ʼn verskeidenheid van instrumente en gaskunstenaars soos Mathys Roets.

Kaartjies vir die geleentheid is beskikbaar by Computicket.

Maroela Media het met Jouba en Anique Jordaan oor die CD/DVD gesels.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.