Kan nie kla nie

Die Penkoppe Boereorkes

Nog nat agter die ore as dit by ouderdom kom, maar nie wanneer dit by boeremusiektalent kom nie. Hulle is reeds gesoute musikante en deesdae dié boeremusiekgroep om mee rekening te hou! 5 Jong manne en ‘n pragtige jonge dame wat Boeremusiek maak en hul eg Suid Afrikaanse kultuur en tradisies uitbou is waarlik iets om op trots te wees. Die Penkoppe Boereorkes is in 2008 gestig en sedertdien kyk nie een van hierdie kinders terug nie. Na drie jaar is die klomp jong musikante nog volstoom besig om hulle droom uit te leef. Die Penkoppe Boereorkes is alombekend in Boeremusiekkringe en tree op regoor Suid Afrika asook Namibie.

In 2010 het hierdie Boereorkes die groot toekennings weggeraap voor Suid Afrika se gewildste boeremusiekgroepe. Die Penkoppe was in 2010 die wenners van die Huisgenoot Tempo Toekenning sowel as die Rapport Vonk Afrikaanse Musiektoekenning vir Beste Boeremusiek Album vir hulle vorige CD, Jeug-erfenis. Hierdie is twee toekennings om voorwaar trots op te wees! Die Penkoppe se splinternuwe album, Kan nie kla nie, is pas vrygestel en is propvol boeremusiektreffers. Dit sluit in treffers soos So ry die boere; Bosveld; Loslappie; Fynloop Seties en die titelsnit Kan nie kla nie. (Leo Musiek)

Speellys

  1. Penkop Polka
  2. Kristalwaters
  3. Connieby Hartbeesfontein
  4. Blikkiesdorp se Outa
  5. Bosveld
  6. So ry die Boere
  7. Kan nie kla nie
  8. Fynloop
  9. Nico se vastrap
  10. Slimpraatjies
  11. Verlief op jou
  12. Manie se vastrap
  13. Loslappie
  14. Wil jy dans Carina
  15. Veerpotjie
  16. Kliprivier Polka – 3 Konsertina’s

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sarel robberts ·

Ek woon in die VSA. Waar kan ek die Penkoppe se cd bestel en ook ander Klipwerf cd’s?
Laat my weet asb.
Groete uit die VSA

Nico Strydom ·

Haai Sarel

Kontak gerus die Penkoppe se bestuurder Antonie Marais by 082 928 1124 of vir Leo Musiek by 012 653 1595. Vir Klipwerf se CD’s kontak gerus [email protected] of 027 341 2513.

Vriendelike groete

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.