Kaptein se platinum treffers

Kurt Darren

Kurt Darren, die gewilde multi-platinumster en multi-SAMA-wenner is terug met ‘n dubbel-trefferalbum en ‘n opwindende glansryke verhoogvertoning. KD is onaanvegbaar Suid-Afrika se Sokkiekaptein!

Ná verkope van ver oor die 1 miljoen CD’s, volgehoue trefferparadeprestasies en roem as gewilde TV-aanbieder en selfs rolprentakteur is Kurt Darren – ná ‘n kort asemskep en vorentoebeplanning – terug met mening! Nie net bederf hy sy bewonderaars met al sy platinumtreffers op ‘n dubbel-CD nie; hy voeg sommer nóg ses klinkklare treffers daarby! Die versamelalbum bevat al sy aanhangers se gunstelingsnitte deur die jare: van daardie reusepolsnommers Meisie Meisie en Loslappie, al die romantiese ballades (onder meer Hemel op Talfelberg en Onbeskrkyflik) en ‘n aantal byblyduette tot sy onlangse dansvloerknakker Kaptein – en álles platinum tussenin!

Dit is egter nie al wat sy ondersteuners kan verwag nie! Daar is veel meer! Kurt, wat nou deur die bekende musiekpromotor Louis van Wyk se kunstenaarsagentskap Music Profile Management verteenworodig word, is gereed om die pad met ‘n opwindende glansvertoning te vat. Louis sê: “Kurt deel voortaan sy verhoog met nege ander talentvolle mense. Daar is die KD-band van vyf lede en vier verruklike danseresse. Die nuwe vertoning is ontwerp om Kurt na uitdgende nuwe hoogtes te neem met al die treffers wat hom as ‘n superster gevestig het.”

Die nuwe vertoning sluit egter ook ses nuutskeppinge van sy platinumtrefferalbum in: ‘n luisterryke balans tussen hartroerballades en ritmiese polsnommers – met Adio, hierdie song is vir jou, Somertreffer, Lekkerbekkie, Laat die klokke lui, Staan op jou merke gereed en Medalje vir Ma. (Select Musiek)

Speellys

CD 1

Kaptein (Span die seile)
Loslappie (Ek Wil Huistoe Gaan)
Meisie Meisie
Hemel op Tafelberg
Sê net ja!
Somertreffer
Dankie Jan
Voorwaarts mars
Af En Af
Adio, hierdie song is vir jou
Staan Op !
Medalje vir ma
Standing On The Edge
Ek Sit En Verlang
Papsopwinterwaternat
Daar doer in die donker
Lekker Lekker
Alleen leen leen
As Jy My Wil He
Kom bietjie hier
Mamma (met Nicholis Louw)

CD 2

Onbeskryflik
Die Beste Medisyne
Lekkerbekkie
Dans In Afrikaans
Groter as groot
Laat Die Klokke Lui
Slang in die gras (met Laurika Rauch)
Wegkruipertjie
So ‘n bek kort jam
Staan Op Jou Merke Gereed
Bloubergstrand se sonsak
Wil Jy ?
My I.O. Meisie
Ek Laaik Haar
En ek mis jou
Vat My, Maak My Joune
Waar is jy?
Nommer Een
My facebook song
Love Springs Eternal
Sunday

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.