Karen Zoid kraai koning op Top-20

Karlien van Jaarsveld maak vandeesweek haar toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 13de plek met haar jongste enkelsnit, “Ruil jou vir my”.

Die sangeres sê sy het eers getwyfel of sy dié enkelsnit wou opneem omdat sy so gelukkig getroud is, maar het besef dis nie almal se realiteit nie. Die liedjie is deur die Afrikaanse treffermaker Johan Oberholzer geskryf.

“Ek dra die liedjie op, uit my hart, aan elkeen wat swaarkry in ʼn verhouding,” het Van Jaarsveld op Facebook geskryf.

Karen Zoid, Early B en Neil Sandilands se “Toe die wêreld stil gaan staan” neem hierdie week die topposisie in.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar drie snitte wat styg, nege wat daal en sewe wat onveranderd bly en ʼn splinternuwe enkelsnit wat die Top-20 betree.

  1. Karen Zoid ft Early B & Neil Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  2. Bernice West – “Sonop-blom”
  3. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  4. Loki Rothman – “Op my pad”
  5. Francois van Coke – “As ek kon”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Brendan Peyper – “Lekkerder op my trekker”
  8. Appel – “F250”
  9. Leah – “Girls night”
  10. Laudo – “Ek kan nie wag”
  11. Die Heuwels Fantasties ft Ampie – “Ons moet leef”
  12. Elvis Blue – “Gee my net ’n vriend”
  13. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  14. Jan Jan Jan – “Ek bly ʼn boer”
  15. Spoegwolf – “Heen en weer”
  16. Tarryn Lamb & Willem Botha – “’n Liefde soos die”
  17. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  18. Jay – “Ry hom soos ʼn rental”
  19. Riana Nel – “Ewigheid”
  20. Kurt Darren – “Party tyd”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BoerSonderRoer ·

Vrekket ek love it. Ek het altyd die lys geyoutube en dit het vreeslik lank gevat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.