Karlien deel nóg groot nuus

Karlien van Jaarsveld (Foto: Instagram)

Die Afrikaanse sangeres Karlien van Jaarsveld se jongste album, Sing vir liefde, is skaars ʼn maand op die rak, en dit het reeds die merk van 15 000 verkope verbygesteek.

Jenny Griesel, die sangeres se woordvoerder, het in ʼn verklaring aan Maroela Media gesê dié verkope het haar amptelik goue status laat behaal.

“Wat die prestasie selfs nog meer merkwaardig maak, is dat sy dit bereik het selfs voor die tweede enkelsnit vanaf dié album aan radiostasies gestuur is,” sê Griesel.

Apple Music het die sangeres se titelsnit ook vir 8 weke eksklusief op Apple Music en iTunes beskikbaar gestel.

“Ten spyte van die feit dat die ekonomie mense hul sente twee keer laat omdraai, bewys die goue status net weer dat hulle ook honger is vir ʼn goeie Afrikaanse album, een wat propvol lekker-luister popklanke is en waarvan die musiek ʼn positiewe boodskap uitdra wat die luisteraar sal laat goed voel.”

Die sangeres het saam met onder meer Appel (Christoph Kotzé) en Johan Vorster aan die album geskryf.

Griesel sê sy en haar span is reeds besig om kreatiewe idees vir ’n tweede musiekvideo vir dié album aanmekaar te sit.

Maroela Media het ook vroeër berig die sangeres is swanger met haar eerste kind in haar huwelik met die oudrugbyspeler Joe Breytenbach. Die sangeres het twee kinders uit haar huwelik met Derick Hougaard, die tweeling Daniël en Eliah. Karlien en Derick is in 2015 geskei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Geluk ·

Baie geluk Karlien en span.Weereens n bewys dat daar nog so baie mense is wat in jou glo en mal is oor jou.Sterkte met jul swangerskap en pas jou self mooi op.

Dirkie ·

Alma verwys na haar 2 man as n our rugbyspeler, vir we het Hy gespeel ek ken hom glad nie. Hy het seker nie gespeel as n beroep speler nie.

john ·

15000 verkope tot dusver….hoe bekom mens jou eie woordvoerder…ware talent beslis….zzzzz

Ano ·

Nou waar is mamma Ronel? Dog sy was altyd die woordvoerder vir die Mev/Mamma, WEER Mev/mamma

Michael ·

Boring net soos Amor en haar stories in huisgenoot elke week

E.K. - ek sê net! ·

Michael haar AGENT her die nuus versprei soos dit ‘n agent se WERK is om te doen. Hy is immers die persoon wat haar “promote” . Dis nie Sy wat koerante toe gehardloop het nie. Vergewis jou mooi van die feite in die berig voor jy op loop gaan. Leo, jy hoef dit nie te weet nie, kliek verby.

Pieter Streicher ·

Nee o vader, net weer eers ‘n be wys hoe swak ons afrikaners geword het. So baie wat nog die skatte jagter onderseun , dit is eindelik skokkend. Wys maar weer eers net o sou ansie het nie Margaret in hulle benefits nie. Dan wonder ons hoekom ons afrikaners in so n gemors is. Nee wat hou verby van die “plastic madonna” wil ek is weet nie.

Isabel le Roux ·

Oumie ek het darem nou self gewonder!!!! Gelukkig nie!

Esmé ·

Sukses! Baie mooi, mag dit net beter en beter gaan met jou mooie meisiekind.

Fran ·

Siestog……….In die land van die blindes, is Eenoog koning.

Joe ·

Genade …. het Karlien niks anders om te doen nie , behalwe om in die media te wees??? Sjoee , die Van Jaarsvelds is nou wragtig ” boring ” net soos Amor …. smaak my hulle soek net aandag ….. hoekom al hulle persoonlike nuus uitblaker in die media …. doen iets beters ….

JJ ·

Baie geluk Karien met jou swangerskap en sukses. Mag jy ryklik geseen wees vorentoe in jou lewe! Mense, as julle so negatief is oor haar, hoekom doen julle dan nog die moeite om die artikel oop te maak, te lees en dan nog negatiewe kommentaar ook daaroor te lewer. Hou dan maar eerder verby die artikel.

Erika Kruger ·

Ek raak eintlik naar om te lees hoe kleinlik ons ou volkie is. Gun ander mense iets. Elkeen woeker met sy eie talente – sy gebruik hare en maak geld daaruit. Hoekom ander mense afkraak?. Dit laat jou seker beter voel

C ·

Ek wonder net hoekom sê niemand niks oor die feit dat sy so bohaai opgeskop het oor Derick die tweeling op ‘n voorblad laat verskyn so ruk terug. Syt so groot ding daarvan gemaak dat sy alles doen om die kinders uit die media te hou want hulle is tog net kinders maar sy kon hulle op daai show van haar en bobby wys ( In jou skoen) . As Derick dit doen is dit nou ‘n groot storie as sy dit doen is dit alles reg. Sy wil tog net altyd ‘n ding omtrent haarself maak. Sy soek maar aandag.

Bolander ·

GAAAAAAAAAAPP!!!! Ai tog, kan ons nie maar nou hierdie antie bêre nie. Dit raak nou rêgtig af gesaag. Vertel ons eerder meer van Roelien , Juanita, Dozi, en, en ,en.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.